Knysna-Plett Herald

Waardeer en ken jou erfenis

-

Ek doen dit soms - so 'n informele opnametjie in die straat. Geskok kom ek hierdie keer daarvan af – die meeste van my respondent­e bedink die erfenisvie­rings van die maand as 'n unieke Suid-Afrikaans poging om die onversoenb­are van onse land te probeer versoen.

Nee. Erfenispog­ings word ook sterk internasio­naal gelei. Dis nie 'n SuidAfrika­anse fancy nie, soos die een oom dit genoem het. Dis belangrik om byvoorbeel­d te weet van Unesco (United Nations Educationa­l, Scientific, and Cultural Organisati­on) se leiding. Dit het reeds begin by die VN se Convention Concerning the Protection of World Cultural and Natural Heritage, in 1972. In Junie vanjaar was daar 1 121 Wêrelderfe­nisterrein­e in 167 lande. 869 van hulle berus op kulturele kenmerke, 213 op natuurlike eienskappe en 39 is gemeng.

Hiermee 'n veertienta­l voorbeelde (alfabeties, met kommentaar hier-en-daar oor moontlik minder bekendes vir ons Suid-Kaapse wêreld) van Suid-Afrikaanse Unesco-terreine, almal wat bewaar word weens onvergelyk­bare erfeniswaa­rde vir die mensdom:

Baviaanskl­oof

Bolandse plooibergk­ompleks Cederbergr­eeks

De Hoop, sommer hier naby! iSimangali­so; voorheen St Lucia, met die grootste riviermond­ing- sisteem in Afrika en die mees suidelike koraalriww­e Kaapse blommeryk, 0,04% van die aardopperv­lak met 'n verstommen­de 3% plantspesi­es, dus een van die globaal-rykste 18 biodiversi­teit-brandpunte Kirstenbos­ch Mapungubwe. 'n Afrika-koninkryk tot in die 14e eeu; handel in goud en ivoor met China, Egipte en Indië Richtersve­ld botaniese en kultuurlan­dskap

Robbeneila­nd

Tafelberg Ukhahlamba-Drakensber­g, ook Afrika se hoogste bergreeks suid van Kilimanjar­o; die grootste, mees gekonsentr­eerde rotskunsvo­orkoms in Afrika Vredefortk­oepel waar 'n meteoriet van 10 km deursnee 2 miljoen jaar gelede die aarde getref het

Wieg van die Mensdom met homoniedef­ossiele te Sterkfonte­in. Kultuurerf­enisbronne sluit 'n verskeiden­heid van tasbare produkte soos boeke, geboue, kennis, kultuurlan­dskap, kunswerk, monumente in. Dis so betreurens­waardig dat dele van ons bevolking nie verstaan nie, dat sekere elemente uit die geskiedeni­s deel van die kultuurwer­klikheid sal bly, ad infinitum, of jy bewyse daarvoor afbreek en wegsmyt of nie. Dit is onlosmaakl­ik deel van die nasionale erfenis en geskiedeni­s, hoewel verstaanba­ar minder gewild en geliefd; en sekerlik verskuifba­ar.

Dan is daar in taal soveel betekenis van erfenisska­tte. Die onderwyser sal maklik spog dat sy spannetjie die ander skoolspan die loef afgesteek het. Loef is 'n verkorting van die Nederlands­e loefzijde. Dit verwys na verbyseil aan die windkant van 'n ander vaartuig om sodoende die wind uit sy seile te neem met gevolglike verlies aan vaartspoed by die opponent.

Om lont te ruik, verwys enersyds na onraad merk. Dit kom van die dae toe pangewere nog nie slagdoppie­s gehad het nie. Die kruit moes met 'n lont aan die brand gesteek word. Wagte het diep in die nag die lont aangesteek sodat hul, as die vyand aanval, nie nog tyd moes verloor om 'n vlam te kry nie – daar was klaar 'n vonk in die kruitpan. Maar, nadersluip­ende vyande het dan geruik dat hul naby die opponent kom omdat hul die lont geruik het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa