Knysna-Plett Herald

Suster ontslaan ná 55 dae in hoësorg

- Alida de Beer

Die 64-jarige suster het Maandagogg­end by haar huis in Parkdene 'n warm verwelkomi­ng van familie en vriende gehad nadat sy uit die S pes c are-rehabilita­siesentrum ontslaan is, bykans drie maande nadat sy weens Covid-19 in die Mediclinic George opgeneem is. Titus vertel sy het op 6 Julie begin siek voel en is in die George-hospitaal opgeneem. Enkele dae later moes sy op 'n ventilator geplaas word. Sy is vir 55 dae in die hoësorgeen­heid behandel. "Die meeste van die tyd was ek in 'n koma en het nie geweet wat rondom my aangaan nie, maar toe ek bykom wou ek net huis toe gaan. Ek was gefrustree­rd, want ek kon nie verstaan hoekom dit met my gebeur het nie. As voorste linie werker hete k al die voorsorgma­atreëls toegepas. Maar ek het altyd hoop gehad dat ek weer by die hospitaal sou uitstap."

Sy is drie weke gelede na Spescare vir rehabilita­sie. Titus moet nou steeds 'n suurstofma­sjien byderhand hou, want sy raak kortasem wanneer sy te veel beweeg, maar sy is dankbaar om tuis te wees, sê sy.

Titus se loopbaan van 38 jaar as verpleegku­ndige het in 1975 by die Somerset hospitaal begin, vanwaar sy hierheen verhuis het om in 1985 in die George-hospitaal se kraamsaal te begin. Sy was tweede in bevel daar. "Ek het net voor my uittrede in Julie siek geword. My verjaarsda­g was op

17 Julie. Toe ek wakker word in die hospitaal en vir die verpleegst­er sê my verjaarsda­g is mos komende Vrydag, moes ek hoor dat my verjaarsda­g al verby is. Ek wil net sê hoe goed die Here is. Ek kan Hom nie genoeg bedank nie. Soveel mense het vir my gebid, selfs onbekendes wat van my gehoor het, en hulle gebede het my deurgedra. Nou gaan ek eers net daarop fokus om heeltemal gesond te word."

Sy waarsku mense om nie uit te stel om dokter toe te gaan wanneer hulle begin siek voel met Covid-19-simptome nie. "En wees versigtig, was jou hande, dra jou masker en hou die regte afstand van ander mense."

 ?? Foto: Alida de Beer ?? Suster Mary Titus (derde van regs) en van haar familieled­e wat haar terugverwe­lkom het, van links: Lizelle Titus (susterskin­d), Jazline Titus (kleindogte­r), Jennifer Titus (suster), Monique Titus (kleindogte­r) en Bronwyn Titus (haar dogter).
Foto: Alida de Beer Suster Mary Titus (derde van regs) en van haar familieled­e wat haar terugverwe­lkom het, van links: Lizelle Titus (susterskin­d), Jazline Titus (kleindogte­r), Jennifer Titus (suster), Monique Titus (kleindogte­r) en Bronwyn Titus (haar dogter).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa