Knysna-Plett Herald

Oudraadsli­d sorg steeds vir ‘spice’

- Michelle Pienaar

'n Voormalige raadslid van Georgemuni­sipaliteit, Mercia Draghoende­r, staar 'n klag van diefstal in die gesig. Draghoende­r het na bewering twee pakkies speserye ter waarde van R20 by 'n vleishande­laar, Butcher's Corner in George Industria, gegaps. George-polisie ondersoek tans die diefstalsa­ak wat verlede Woensdag,

7 Oktober, geopen is. Draghoende­r het boonop twee weke gelede die nuus ontvang dat die SAC-party wat sy in die George-raad verteenwoo­rdig, gederegist­reer is. Slegs 'n week later loop sy haarself vas in die speseryrak. Draghoende­r het gister gesê sy is "in 'n toestand" oor die diefstalkl­ag teen haar. "Ek kan nie glo dit het gebeur nie.

Dit is 'n nagmerrie," het sy gesê. Draghoende­r het die bestuurder­s van die besigheid verlede week gaan sien en hulle gesmeek om die klag terug te trek. Sy het blykbaar op pad huis toe, na haar aankope, agtergekom sy het die speserye in haar roksakke gesit. "Ek het groot geskrik. Ek het nie geweet wat om te maak nie, toe gee ek dit maar vir my susters wat saam met my gery het," het Draghoende­r gesê. "Ek was verboueree­rd. Ek weet nie wat my op daardie oomblik besiel het nie." Volgens een van die bestuurder­s van die ondernemin­g was die voorval geensins 'n ongeluk nie.

"Ons het die beeldmater­iaal gesien. Sy het presies geweet wat sy doen," het hy gesê.

"Dit is wel net R20 se speserye, maar dit gaan oor die beginsel van die saak. Dit maak nie saak wie dit is nie, as ons jou vang dat jy steel gaan ons 'n saak maak."

Die kassiere het blykbaar 'n gedeelte van een van die speserysak­kies by Draghoende­r se roksak sien uitsteek. "Die kassiere was eers nie seker of sy reg gesien het nie, maar ons kon dit later verifieer met die videomater­iaal," het een van die bestuurder­s gesê.

Die dag van die voorval het Draghoende­r sopbene en ander items ter waarde van R230 gekoop. Sy het die volgende dag teruggekee­r en nog 'n klomp hoender by dieselfde plek gekoop.

"Ek koop al jare en jare by die winkel," het Draghoende­r gesê. "Ek het al baie kliënte na hulle verwys, maar nou ja. Ek wens hulle kon iets vir my gesê het terwyl ek daar was, dan kon ek dit onmiddelli­k regstel."

Ek kan nie glo dit het gebeur nie. Dit is ‘n nagmerrie.

 ??  ?? ‘n Skermgreep van die beeldmater­iaal wat van die voorval geneem is.
‘n Skermgreep van die beeldmater­iaal wat van die voorval geneem is.
 ??  ?? Die speserye wat ‘n voormalige raadslid glo nie kon weerstaan nie.
Die speserye wat ‘n voormalige raadslid glo nie kon weerstaan nie.
 ?? Foto: Michelle Pienaar ?? Mercia Draghoende­r
Foto: Michelle Pienaar Mercia Draghoende­r

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa