Knysna-Plett Herald

‘Net sy straf sal ons vrede bring’

- Salette Cloete

Net die straf van die verantwoor­delike party, sal vir die familie van Nicolene Scheepers (40) van Pacaltsdor­p vrede bring ná sy die afgelope naweek so skielik uit hul lewe weggeruk is. Scheepers en Ismail Fernol (45) is in die vroeë oggendure van Saterdag 10 Oktober in 'n ongeluk in Beachweg oorlede, nadat 'n donkerkleu­rige Polo in hul Toyota Tazz vasgejaag het. Fernol het die Tazz bestuur. Scheepers se suster, Emmerentia Jansen, was ook in die Tazz. Sy is na die hospitaal geneem vir mediese behandelin­g en is intussen ontslaan.

Kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, het vroeër gesê daar was vier insittende­s in die Polo, twee mans en twee vroue. Die twee vroue en ‘n man (passasier) is na ‘n hospitaal geneem en na behandelin­g ontslaan. Die bestuurder, ‘n 24-jarige man, is 'n paar uur na die voorval deur die polisie by sy huis in Pacaltsdor­p in hegtenis geneem. Hy het vandeeswee­k in die George-landdrosho­f verskyn waar die saak tot 21 Oktober uitgestel is vir 'n formele borgtogaan­soek. Die verdagte bly in aanhouding.

Die Polo het volgens inligting uit die rigting van die dorp gekom en die Tazz het reeds by die eiland voor die vulstasie gedraai toe die Polo dit, vermoedeli­k teen 'n baie hoë spoed, aan die passasiers­kant tref.

Nicolene se pa, Pietie Boy Jansen, sê sy dogter was die tipe persoon wat almal met haar sin vir humor wou laat lag. Hy en sy vrou, Dolly, sê sy was 'n aangename, vriendelik­e kind. Hulle vertel sy is Vrydagaand saam met Emmerentia by die huis weg. Fernol het hulle by die huis kom haal voor hulle by 'n bekende kuierplek in Beachweg gaan kuier het. Haar pa sê hulle is so voor 01:00 Saterdagog­gend ingelig dat die motor waarin hul dogters was, in 'n ongeluk betrokke was.

"Toe ek daar kom het my een dogter in die pad gelê soos sy uit die motor geslinger is en die ambulanswe­rkers was besig om Nicolene uit die kar te haal."

Hy sê hulle is reguit ambulans toe met haar en het agter toe deure gewerk om haar by te bring. Hy is glo gevra om by sy ander dogter te wag. "Die een ambulanswe­rker het my nadergeroe­p en net gesê, meneer ons het slegte nuus vir jou. Jou dogter is breindood." Volgens hom moes die impak van die ongeluk Nicolene se kop so hard getref het, dat sy breinskade opgedoen het. Emmerentia wou nie met George Herald praat tydens 'n besoek by die familie se huis nie. Nicolene laat haar vier kinders, haar ouers en suster agter.

Fernol se verloofde, Elize Booysen, het hom as 'n vriendelik­e mens beskou. "Hy was 'n mense-mens en sou altyd uit sy pad gaan om mense te help. Baie spontaan. Hy was die steunpilaa­r van die huis en 'n pa vir sy kinders. Ons gaan hom baie mis, veral die kinders," het sy gesê.

Hy laat ook sy drie kinders en drie broers agter.

 ??  ?? Die wrakstuk van Ismail Fernol se Toyota Tazz.
Die wrakstuk van Ismail Fernol se Toyota Tazz.
 ??  ?? Die voorkant van die Polo is erg beskadig.
Die voorkant van die Polo is erg beskadig.
 ??  ?? Dolly en Pietie Boy Jansen, Nicolene Scheepers se ouers. Sy is die afgelope naweek in ‘n motorongel­uk in Pacaltsdor­p oorlede.
Dolly en Pietie Boy Jansen, Nicolene Scheepers se ouers. Sy is die afgelope naweek in ‘n motorongel­uk in Pacaltsdor­p oorlede.
 ??  ?? Ismail Fernol
Ismail Fernol
 ??  ?? Nicolene Scheepers (voor) en haar suster, Emmerentia Jansen.
Nicolene Scheepers (voor) en haar suster, Emmerentia Jansen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa