Knysna-Plett Herald

Lucas Maree se hoofstuk nou afgesluit

- Eugene Gunning

‘n Protea is vroeg Maandagogg­end deur

René Janse van Vuuren, suster van die bekende Afrikaanse sanger, wyle Lucas Maree, op die rotse aan die suidwestel­ike punt van Victoriaba­ai geplaas. Dit is waar haar broer se gedenkstee­n tot in Januarie vanjaar nog gestaan het. Sy en haar eggenoot, Lukas Janse van Vuuren was op pad terug na Bloemfonte­in na ‘n kort vakansie in die Kaap, maar hulle het eers by Victoriaba­ai gestop. Janse van Vuuren het vroeg vanjaar uit eie wil ingestem dat die gedenkstee­n verwyder word.

Dr. Danie Langer, besturende direkteur van die FAK en Gerda Stols, ‘n inwoner van George, het haar gehelp en die proses hanteer.

Janse van Vuuren het Maandag gesê sy is hartseer, maar tevrede met die uitkoms. Sy is vir niemand kwaad nie. “Ek sou graag die plekkie hier nog vir die steen wou gehad het. Dit was ‘n geskenk vir Victoriaba­ai in Junie 2019. Dit was nie ‘n grafsteen vir Lucas nie.” Dit was eindelik ook nie ‘n gedenkstee­n nie. Die idee was om dit deel te maak van ‘n kunsroete as mense die KKNK op Oudtshoorn en ook Hartenbos besoek en ook oor die woorde van sy liedjie, Victoriaba­ai.

“Ek dink Lucas sou dit nog geniet het om op so ‘n manier vir die mense te sê hoe mooi hul plekkie is. Almal kon dit sien. Die woorde van sy liedjie is so tipies. Victoriaba­ai is die mooiste plekkie.” Sy moedig mense aan om steeds Victoriaba­ai te besoek. “Vir my sit Lucas nog steeds op sy kliptroon by Victoriaba­ai.” Sy het begrip dat van die inwoners ‘n slegte ondervindi­ng met die gedenksten­e en kissies gehad het. Sy het bygevoeg: “Ek is bly dinge het so uitgedraai. Ek sluit met die neersit van die blom die hoofstuk van die gedenkstee­n af.”

 ?? Foto: Eugene Gunning ?? René Janse van Vuuren, Lucas Maree se suster, Maandag by die rotse aan die suidwestel­ike punt van Victoriaba­ai.
Foto: Eugene Gunning René Janse van Vuuren, Lucas Maree se suster, Maandag by die rotse aan die suidwestel­ike punt van Victoriaba­ai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa