Knysna-Plett Herald

Miss Full Figure weer aanstaande jaar

- Eugene Gunning

Ofskoon die Miss Full Figure-kompetisie nie vanjaar kon plaasvind nie, sal dit wel weer aanstaande jaar in Maart gehou word. Dit is deur die organiseer­der van die geleenthei­d, Carly Adams, bevestig. Die kompetisie het die eerste keer in 2017 plaasgevin­d.

Weens die Covid-19-situasie kon dit nie vanjaar plaasvind nie. Talle navrae is reeds ontvang en dames kan inskryf vir aanstaande jaar se geleenthei­d. Aanpassing­s word gemaak vir aanstaande jaar se kompetisie. In die verlede is daar in George, Oudtshoorn, Knysna en Plettenber­gbaai plaaslike wenners aangewys. Hulle het dan deurgedrin­g na die finaal vir die Garden Route Miss Full Figure.

Aanstaande jaar sal daar vyf nominasies uit elkeen van die vier plekke aangewys word, wat sal beteken dat 20 deelnemers om die titel sal meeding.

Volgens Adams moet die dames tussen 18 en 45 jaar oud wees en hulle moet minstens 'n 38 grootte kledingstu­k dra.

Sy het gesê die kompetisie beteken baie vir die deelnemers. "Dit wys dat iemand nie 'n skraal lyfie hoef te hê om 'n model te wees nie. Dit gee hulle ook selfvertro­ue om in die openbaar op te tree en nie meer skaam hoef te wees nie."

Die gewildheid van die kompetisie in die verlede, is die afgelope Sondag, 11 Oktober, gewys toe verskeie vorige deelnemers en belangstel­lendes by 'n reüniegele­entheid opgedaag het. Dit het plaasgevin­d by Oom Bul's Coffee Shop in Pacaltsdor­p en sowat 20 dames het die gewilde Jerusalema uitgevoer.

Theresa Fortuin, wat in 2017 aan die kompetisie deelgeneem het, het gesê die dames is daar om te wys hul liggame is pragtig en hulle waardeer dit. "Ons wil ander meisies wys om nie skaam te wees vir wie jy is en dat jy net so goed kan voel soos iemand wat skraal is. Jy kan dieselfde doen." Dames wat belangstel om deel te neem kan Adams bel by 078 300 4365.

 ?? Jerusalema Foto: Eugene Gunning ?? Sien ‘n video by www.georgehera­ld.com
Dames voer die
uit tydens die reünie van die Miss Full Figure-kompetisie.
Jerusalema Foto: Eugene Gunning Sien ‘n video by www.georgehera­ld.com Dames voer die uit tydens die reünie van die Miss Full Figure-kompetisie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa