Knysna-Plett Herald

Bulle pak mekaar in rolbaleind­stryd

- Jannie Meyer

Verskeie bulstryde gaan vanaand (Donderdag) woed tydens die eindstryd in die Coastal Relax Beds & Foam handelslig­a wat deur Outeniqua-rolbalklub aangebied word.

In die "hoofwedstr­yd" kom die onoorwonne span Redline teen Finovo te staan. Die twee het in verlede week se been ook teen mekaar te staan gekom met Finovo wat, alhoewel hulle geklop is, goed genoeg gevaar het om die tweede plek in die liga in te neem. Maar daar blaas nog vier ander spanne ook in hul nekhare wat met 'n uitstekend­e vertoning die kaarte deurmekaar kan krap. Loerie Guest Lodge is in die derde plek en kom teen T&T te staan wat in die vierde plek is. KTV (5de) en Elbow Benders (6de) is ook nog in 'n gunstige posisie.

Dit gaan egter nie maklik wees om Redline te stuit nie, want hulle is deur die reeks nog onoorwonne en speel tans goeie rolbal. Aanstaande Donderdag, 22 Oktober, wag nog 'n reeks eindstryde wanneer die vorige kompetisie afgehandel word. Die reeks moes na die voorlaaste been tydelik op ys gesit word as gevolg van die grendeltyd. Al die spanne, behalwe een, is beskikbaar om te speel.

Die volgende sosiale ligareeks skop weer op 5 November af en spanne kan nou reeds by die klub inskryf. Die wedstryde begin vanaand om 18:00 by Outeniquar­olbalklub in Airwayweg, Heatherpar­k en kan gratis bygewoon word. Ligte etes en 'n kontantkro­eg is beskikbaar.

Uitslae

1 Redline 56; 2 Finovo 52; 3 Loerie Guest Lodge 52; 4 T&T 47; 5 KTV 46; 6 Elbow Benders 46; 7 Coastal Relax 41; 8 Accidental Bowlers 40; 9 Carpet King 40; 10 Ricoh 36; 11 Kommaweer Stoffeerde­rs 33; 12 Butz & Gutz 33; 13 Bowling Stones 31; 14 Talisman 30; 15 Just Property 29; 16 SP Legal 28.

Wedstrydly­s

Redline t Finovo; Loerie Guest Lodge t T&T; KTV t Elbow Benders; Coastal Relax t Accidental Bowlers; Carpet King t Ricoh; Kommaweer Stoffeerde­rs t Butz & Gutz; Bowling Stones t Talisman; SP Legal t Just Property.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa