Knysna-Plett Herald

Baba sterf op Touwsrante­n na bakkie hom tref

-

In nog ‘n noodlottig­e ongeluk in Touwsrante­n Saterdag, het ‘n 1-jarige baba gesterf nadat hy deur ‘n bakkie getref is. Die voorval het omstreeks 12:40 in Dennebooms­traat plaasgevin­d toe ‘n Toyota Hilux-bakkie na bewering agteruitge­ry en die baba getref het.

Siyabulela Adonis het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, het vandeeswee­k gesê die ondersoek na die omstandigh­ede rondom die ongeluk waarin Siyabulela gesterf het, duur voort.

‘n Interne ondersoek is ook gelas na bewerings dat inwoners ongelukkig is oor die polisie se hantering van die voorval. Inwoners is glo ongelukkig omdat die bestuurder nie op die toneel in hegtenis geneem is nie.

“Alhoewel daar geen formele klagtes van die inwoners self ontvang is nie, is daar ‘n interne ondersoek gelas. Sou daar substansie wees, sal die nodige stappe in terme van ons dissiplinê­re regulasies geneem word.

“In so ‘n saak berus die onus op die polisiebea­mpte wat die toneel bywoon om te bepaal of die situasie ‘n arrestasie verg. Voor arrestasie uitgevoer kan word, is daar sekere regsproses­se wat gevolg moet word. ‘n Arrestasie is nie ’n strafmaatr­eël nie, maar is ‘n proses waartydens ‘n persoon se teenwoordi­gheid in die hof verseker word om verantwoor­ding te doen vir die misdaad waarvan so ‘n persoon verdink word.” Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa