Knysna-Plett Herald

Proteapark se beroemde inwoner terug

- Eugene Gunning

Hoe bekend Gideon Lottering van Proteapark deesdae is, kon Saterdagmi­ddag, 10 Oktober, gesien word, toe mense graag saam met die bekende ster van Emo Adams se Maak My Famous-program afgeneem wou word.

Die 35-jarige Lottering het onlangs onder die toptien in die program geëindig. Saterdagmi­ddag het die gemeenskap die bekende inwoner terug verwelkom. Kort voordat verrigting­e begin het, het 'n reënbui uitgesak, maar dit kon nie die geesdrif demp nie.

Na die reënbui het inwoners by Sonnebloml­and-kleutersko­ol begin opdaag. Onder diegene teenwoordi­g was sy ouers, Ida en Alfred Lottering en ook sy oudste broer, Charles Lottering.

Nadat Michelle Thomas, organiseer­der van die geleenthei­d, 'n klein geskenkie namens die gemeenskap aan Lottering oorhandig het, het die gemeenskap daarop aangedring dat hy iets sing, maar dit het nie net by een liedjie gebly nie. Proteapark se mense het aan sy lippe gehang en was duidelik trots op hom. Lottering het in 'n kort gesprek met George Herald erkenning gegee aan die rol wat sy ouers in sy sangloopba­an gespeel het. "Hulle het die saadjie geplant. Hulle is die mense wat my laat belangstel het in musiek."

Lottering het ook in 2007 aan die Idolskompe­tisie deelgeneem. "Dit was 'n goeie ondervindi­ng en leerskool. Ek het daarna vir myself gesê: ‘Ek kan iets doen met die talent wat ek ontvang het. Daar is werk daar buite om my talent te ontwikkel.’"

Oor die jare het hy ook in die AGS kerkkoor van Pacaltsdor­p gesing en dit het hom vertroue gegee om voor mense op te tree.

Sang is sy passie. Benewens sing skets hy ook graag. Sy boodskap aan mense is dat as hulle weet hulle het 'n talent moet hulle nooit ophou veg vir dit wat hulle in die lewe wil hê. "Gaan daarvoor. Sien die breër perspektie­f." Lottering se pa, Alfred, het gesê hy het van die begin af geweet sy seun sal goed doen in die kompetisie. "Dis in sy hart. Van kleins af het mense al sy talent raakgesien."

Ida is baie trots op haar seun. "Ek het gebid dat die Here hom sal help met sy talent sodat hy dit nie onder 'n maatemmer wegsteek nie." Charles het gesê sy broer is nie iemand wat gou tou opgooi nie.

Hy het baie planne en doelwitte gestel en hy gaan daarvoor.

 ?? Foto’s: Eugene Gunning ?? Sien ‘n video by www.georgehera­ld.com
Inwoners van Proteapark geniet die liedjies wat Gideon Lottering vir hulle gesing het.
Foto’s: Eugene Gunning Sien ‘n video by www.georgehera­ld.com Inwoners van Proteapark geniet die liedjies wat Gideon Lottering vir hulle gesing het.
 ??  ?? Gideon Lottering sing ‘n liedjie vir die inwoners van Proteapark.
Gideon Lottering sing ‘n liedjie vir die inwoners van Proteapark.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa