Knysna-Plett Herald

Liedjie wen Magnus ‘n enkelsnit

- Salette Cloete

Die liedjie, Legende Pa, het vir Georgiet, Magnus Neveling, nuwe deure oopgemaak. Die liedjie is een oggend om 03:00 geskryf en was deel van sy manier om vrede te maak na sy pa skielik in 2012 oorlede is. "Ek het

Legende Pa ingeskryf omdat ek vas glo daar is soveel mense wat daarmee kan relate," vertel hy.

Magnus het reeds op laerskool begin sing en op 16 begin kitaar speel. Hy vertel hy het nooit lesse gehad nie en het homself met 'n geleende kitaar geleer. "Musiek was nog altyd deel van my. My ouma aan my pa se kant van die familie was baie musikaal. So ook my oupa aan my ma se kant. Musiek was altyd vir my 'n manier om my prentjie te skets en om 'n storie te vertel."

Hy het aan George Herald vertel dat hy gereeld sy eie musiek skryf. "Daar is hope wat nog net woorde is wat wag vir musiek. Ek skryf nie enige happy go lucky songs nie. Ek sit my ervaringe en emosies op papier en kleur dit in met akkoorde en melodieë." Toe hy in 2018 van Storm Music Production­s se jaarlikse enkelsnitk­ompetisie hoor, het hy besluit om twee van sy eie komposisie­s in te skryf. Sy High Walls en

Legende Pa het dit tot in die toptien gemaak. Magnus spog dat hy uit 103 inskrywing­s die 2019-kompetisie met 80% gewen het. Hy was self geskok dat hy sulke hoë punte toegeken is.

"Die prys behels 'n vol produksie en studio-opname van die lied, wat deur die grendeltyd vertraag was. Ek gaan binnekort

Johannesbu­rg toe vir die produksie. Dit word dan ook na verskeie radiostasi­es versprei." Jade Storm van die produksiem­aatskappy sê Magnus se produksie van sy wen lied, alhoewel bietjie gestuit deur die onverwagte pandemie, sal met die verslappin­g van regulasies binnekort klaar wees.

"Hy was algehele wenner in 2019 met sy nostalgies­e en meevoerend­e wals, Hero Pa. Daar was aanvanklik 103 inskrywing­s en Magnus het homself vinnig in die eindronde bevind waar hy deur die beoordelaa­rs, Jaco Smit, Pauline Matthews en René Bester 80% toegeken is."

 ??  ?? Magnus Neveling se liedjie, Legende Pa, het hom die kompetisie laat wen.
Magnus Neveling se liedjie, Legende Pa, het hom die kompetisie laat wen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa