Knysna-Plett Herald

ARTS & ENTERTAINM­ENT Suid-Kaap se eie Jan Braai, Jannie Meyer, vertel hoe

-

Braaimeest­er Jannie Meyer van George deel met ons die geheime van sy beroemde, vingerlekl­ekker vleis op die spit. Kry 'n klomp pêlle om saam te staan om 'n tweetandsk­apie te koop en geniet die dag buite in die virusvrye ooptes rondom 'n gesellige spitbraai. Ons eie Jan Braai vertel hoe:

Spitbraaie kom al eeue saam met die mens en is een van die gewildste maniere om vleis vir groot groepe voor te berei.

Soos van ouds is daar vandag nog stamme regoor die wêreld wat hul vleis na 'n jagtog op 'n spit braai. Hulle skep sommer spitte van groen hout, wat nie maklik brand nie, en draai dit met die hand. So maak hulle enigiets van wilde varke, bokke en vis gaar. Groot snitte vleis en heel karkasse braai heelwat langer as enkelsnitt­e, maar is sappiger en sagter. Braaihout, houtskool, brikette en gas is die gewildste brandstof om dié vleis gaar te maak.

Die belangriks­te is om gehalte vleis te kies. Vark en hoender is in elk geval sag, behalwe plaashoend­ers of werfskropp­ers wat te taai is vir 'n spit. Varke moet ook nie te vet wees nie, want dit rek die braaityd en hope vet, wat vooraf afgesny moet word, is 'n dooie verlies.

Haal die karkas 'n paar uur voor braaityd uit die koelkamer om kamertempe­ratuur te bereik. Dit verseker dat die karkas vinniger deurgaar braai en sagter is.

Indien 'n karkas deurentyd op die spit bedruip word, moet dit verder van die hitte gebraai word om te verseker dat die bedruipsou­s nie swart brand nie. Die karkas moet bruin braai en nie swart gebrand wees nie. Die brandsels vertoon nie goed nie en het 'n bitter smaak.

Daar is niks mee verkeerd om die bedruipsou­s en speserye by te voeg nadat die karkas opgesny is nie. Speserye se kwaliteit en smaak gaan buitendien verlore as dit lank aan hitte blootgeste­l word. Ontbeende lammers wat gerook en met tou vasgebind word, word ook op spitte gebraai, maar is heelwat duurder as karkasse as gevolg van die arbeid wat dit met die ontbening verg.

Varke en hoenders word soms met smaaklike mengsels gestop en toegewerk tot snytyd.

Behalwe die slaaie word aartappels met baadjies, klein uitjies en engelgroen­te ook saam met die vleis voorgesit. Dit is raadsaam om die warm bykosse in dieselfde bak as die vleis te plaas, omdat die geur van die vleis vir 'n addisionel­e sensasie sorg.

Jannie se storie

Jannie Meyer en sy oorlede vrou, Johlene, het oor 'n tydperk van 42 jaar meer as 22 000 lammers, 38 osse, baie hoenders en varke en selfs 'n krokodil op die spit gebraai. Hulle het ook 'n rekord opgestel deur 500 heel hoenders op 'n spit van 75m lank tydens die Knysna Oesterfees te braai. Op 74 braai hy nog steeds spitte en beskou dit as sy gimnasium wat hom in oefening hou. Hy mis sy vrou baie by die spitte. Johlene het 'n karkas in 'n japtrap met 'n kombuisske­r, in plaas van 'n mes, opgeknip.

 ?? ?? Musical duo Ancient Voices will be enchanting audiences at the Plett Food & Film Festival on 2 October.
Musical duo Ancient Voices will be enchanting audiences at the Plett Food & Film Festival on 2 October.
 ?? ?? Jannie Meyer en sy oorlede vrou, Johlene, wat oor 42 jaar meer as 22 000 lammers saam met hom gebraai het.
Jannie Meyer en sy oorlede vrou, Johlene, wat oor 42 jaar meer as 22 000 lammers saam met hom gebraai het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa