Knysna-Plett Herald

‘Bike’ en kar fees

- Blake Linder

KNYSNA – Die Hornlee Car & Bike Fanatic Show vind Saterdag 25 September op die Hornlee-sportterre­in plaas en dien as 'n fondsinsam­elingsfunk­sie vir die Hornlee Somerfees (HSF) wat vanaf 17 tot 19 Desember gaan plaasvind. Celeste Wabanie is die stigter en koördineer­der van die fees wat 'n plaaslike fees is, maar ook een wat baie toeriste na HSF en Hornlee self trek. Die skou sal hierdie jaar vir die eerste keer op die HSFprogram wees. Dit is ook die HSF se vyfde bestaansja­ar.

"Ek het hierdie fees met my eie fondse vir ons gemeenskap in Hornlee op die been gebring," verduideli­k Wabanie.

Die fees behels verskeie sportsoort­e, kinderspel­etjies, springkast­ele, potjiekosk­ompetisies, lewendige musiek van plaaslike kunstenaar­s en platejoggi­es. "Ek het op Saterdag 31 Julie vir die eerste keer gesien hoe die motorskou 'n inpak kan maak op die fees en ek was verbaas om te sien hoe ‘n groot aanwins dit kan wees," sê Waborie.

"Ek sal graag die skou 'n jaarlikse instelling wil maak, hier is geen aktiwiteit­e vir ons mense nie en hierdie is 'n goeie geleenthei­d vir ons jeug asook families waar almal saam kan uitkom om dit te geniet."

Daar sal ook twee plaaslike platejoggi­es wees, DJ Ash Mix Master asook DJ Primo vir vermaak. Verder sal twee kletsrymer­s, Kyle from the West en Capital G, wat beide plaaslik is, optree om hulle talent te wys en te bemark.

"Daar is reeds inskrywing­s van die groter Knysna-omgewing, Plettenber­gbaai, George, asook Mosselbaai en Gqeberha," sê Wabanie.

"Alle paaie lei na Hornlee en ek vra almal se ondersteun­ing om alle Covid-19protokol­le te volg, daar sal geen toegang sonder maskers wees nie."

Karre en motorfiets­e sal in verskeie kategorieë geplaas word en die finale sal almal tydens die HSF plaasvind.

 ?? Foto: Des Tal Fotografie ?? Motors kom van ver en wyd om die skou by te woon.
Foto: Des Tal Fotografie Motors kom van ver en wyd om die skou by te woon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa