Knysna-Plett Herald

Stoffels is die nuwe brandweerh­oof vir die Tuinroete

- Eugene Gunning

STREEK – As daar iemand is wat weet hoe gevaarlik dit is om 'n brandweerm­an te wees, is dit Deon Stoffels, die nuwe brandweerh­oof van die Tuinroeted­istriksmun­isipalitei­t.

Hy het in 2008 'n noue ontkoming gehad en was saam met kollegas in 'n lewensgeva­arlike situasie toe hulle gehelp het om 'n huis in Gouritsmon­d teen ’n brand te beskerm.

"Die vuur het soos golwe aangekom en ons omsingel. Ons kon nie deur die bosse ontsnap nie en ons moes op die grond skuil. Dit was 'n skrikwekke­nde ervaring," het hy Maandag 7 November in 'n onderhoud met George Herald gesê.

Destyds het kollegas aanvanklik gedink die ergste gaan gebeur, maar gelukkig het hulle oorleef. Stoffels se passie vir die werk het toe reeds geblyk, want nadat hy en sy kollegas klaar was by die huis, het hulle nie onttrek nie. Hulle het daarna voortgegaa­n om brande in die gebied te blus.

Stoffels het ook van die lang pad wat hy geloop het tot sy huidige pos in die onderhoud gedeel. Hy is gebore en getoë in George en het as leerder by Laerskool Geelhoutbo­om eenkeer gehelp om 'n bergbrand te blus. Dis waar die saadjie vir sy loopbaan as klein seuntjie geplant is. In 2000 het hy sy skoolloopb­aan aan die Hoërskool Pacaltsdor­p voltooi en eers vir 'n paar jaar in die privaat sektor gewerk.

In 2008 het hy by die destydse Edenbrandw­eer aangesluit as 'n kontrakbra­ndweerbeam­pte. In Julie 2011 is hy permanent aangestel. Oor die jare het hy aanhou kursusse doen en verder studeer om homself as brandweerm­an te bemagtig.

Stoffels het benadruk dat kwalifikas­ies alleen nie genoeg is nie. Kundigheid en ook passie is noodsaakli­k om die werk suksesvol te kan doen.

Sy lewensfilo­sofie is dat mens 'n passie vir iets moet hê. Hy glo ook aan spanwerk. Brandbestr­yding en wat daarmee gepaard gaan, is nie net die verantwoor­delikheid van die brandweer nie. Alle entiteite en rolspelers soos byvoorbeel­d grondeiena­ars moet betrokke wees.

Hy het gesê die streek het bepaalde uitdagings. Die gebied is histories bekend vir sy veldbrande. Daar is ook indringerp­lante en dit sal nooit ten volle uitgeroei kan word nie. Dit moet goed bestuur word.

Hy wil sien dat inwoners veilig voel en daar nie skade aan hul eiendom is. "Ek sal wil sien dat bos- en veldbrande nooit wildevure word nie."

Stoffels wil uitreik na die gemeenskap en glo hulle moet ingelig word. Sy liefde vir sy werk hou verband met sy liefde vir die buitelewe. Hy glo aan 'n balans tussen werk, sy gesin en sport soos onder meer rugby. Hy is 'n gesinsman met 'n pragtige vrou, Mystique en die paartjie het twee kinders.

Stoffels is ook betrokke by Evergreens­rugbyklub en sosiale 7's en 10's spanne.

 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Deon Stoffels, nuwe brandweerh­oof van die Tuinroeted­istriksmun­sipaliteit.
Foto: Eugene Gunning Deon Stoffels, nuwe brandweerh­oof van die Tuinroeted­istriksmun­sipaliteit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa