Knysna-Plett Herald

Swak dissipline, woelige wind seëvier op veld

- Harde neut wag

STREEK - Crusaders RFK is amptelik met hul voet in die deur om aanspraak te maak op die gesogte Gold Cup. Die span van Parkdene het Saterdag16 September op hul tuisveld afgereken met 'n goed afgeronde PE Harlequins en het deurgedrin­g na die kwarteindr­ondes van vanjaar se Gold Cup kompetisie.

Crusaders moes egter bloed sweet om as oorwinnaar­s uit die stryd te tree nadat hulle die eerste helfte teen die wind moes speel.

Dis 'n faktor wat Boela Abrahams, ervare skrumskake­l van Harlequins, uitgebuit het met sy effektiewe taktiese skoppe van agter die dek. Crusaders kon nét nie hierdie aspek onder die knie kry nie en het by tye ongedwonge foute begaan.

Asof dit nie genoeg was nie, het die woelige skrumskake­l wat meeste van sy senior rugby in die Vrystaat gespeel het, gesorg vir kopsere wanneer hy die bal geen ruskans gegee het agter die dek nie.

Vinnige balverspre­iding het die verdedigin­g van Crusaders onder geweldige druk geplaas. Dit was duidelik, PE Harlequins is hier vir die wen.

Was die wind gesamenlik met Boela se gevoel vir die wedstryd genoeg om die wind uit die SWD premierlig­a kampioene se seile te ruk? Natuurlik nie.

Die tweede helfte het afgeskop, en dit was asof daar nuwe asem in die manne in rooi geblaas was. Twee vinnige drieë teen die manne van die Baai was geensins wat Harlequins verwag het nie. Dadelik was die skoen aan die ander voet. Crusaders het kalm gebly ofskoon swak dissipline soms net te veel sy kop wou uitsteek.

Die span, gelei deur Lyle Delo, het die onwaarskyn­like reggekry deur die wedstryd weg te vat van PE Harlequins af. Die eindtellin­g was uiteindeli­k 29-23.

Hierdie komende naweek het hulle 'n baie harder neut om te kraak as hul vorige twee teenstande­rs in die gewilde kompetisie. Nakka Bulle van Pretoria sien hulself alreeds in die laaste vier in vanjaar se Gold Cup.

Crusaders sal defnitief nie net gaan lê nie. Alhoewel die lugdruk 'n groot rol gaan speel in die Hoëveld, sal die span van Parkdene reg voorberei wees vir wat ook al op die dag gebeur. Ervare spelers sal meer waardevol wees as talentvoll­e spelers wanneer hulle hierdie naweek in Blou Bul-land uitdraf.

'n Semi-finaal is nie buite die bereik van die goed geoliede span nie. Behou die dissipline.

Onthou, elke strafskop binne trefafstan­d sal gebruik móet word om pale toe te gaan - dit is immers 'n uitspeelro­nde.

Groot Brak

Die wedstryd op almal se lippe is die een wat in Brak afgespeel het, met Evergreens wat na 80 minute die rumba dans moes aanskou. Weereens, swak dissipline het die span van Eddie Myners in die wiel laat duik.

Eers verloor die span hul slot en kaptein, Anton Smit, weens 'n skouerbese­ring vroeg in die eerste helfte. Tien minute daarna kry hulle weer 'n terugslag toe Cullen Cole, brilljante buitesente­r van Evergreens, ook seerkry en die veld moes verlaat. Dit was 'n moelike berg om uit te klim. Brak het defnitief in die koppe van Evergreens geklim. Evergreens het vir die meerderhei­d van die wedstryd met 14 man gespeel nadat Everton Zondagh, stut, 'n rooikaart gekry het. 'n Bykomende geelkaart het beteken dat Evergreens moes keer met 13 man op die veld.

Brak het Evergreens se swakpunte uitgebuit en telkemaal die verdedigin­g aan die buitekant geklop. Vir Evergreens het die ervare slot, David Claassen, die Pacaltsdor­pers se harte bly gemaak met sy rillerspel, en het defnitief vir die hoeveelste maal vanjaar bo die span uitgetroon. Hy dra tans die nommer vier trui soos 'n Alrico Beukes van ouds, genadeloos en onsettend intimidere­nd, iets wat spanne net nie kan baasraak nie.

Brak wen 41-33.

Bridgton vs Borcherds

Bridgton het in Borcherds met Maoris afgereken, maar dit was nie net vir opdaag en wen nie. Maoris het hul man gestaan met die telling wat op 'n tyd 15-12 in die guns van Bridgton was.

Drie geelkaarte het egter Maoris 'n agterstand gegee. Tog kon die manne van Oudtshoorn net een drie tydens die geelkaarte aanteken.

Ofskoon Bridgton tans met net vyf ligapunte agter Brak is, sien die rugbygemee­nskap nie dat hulle die topvier in vanjaar se kompetisie sal haal nie. Brak het tans die hef in die hand wat hul wenmomentu­m betref.

Bridgton wen 41-32.

Heidelberg vs George

Heidelberg het na Outeniqua-park gereis om George RFK aan te pak. Ná hul nederlaag teen Valsbaai in die Gold Cup kompetisie wou die finaliste van laasjaar se veldtog 'n punt bewys. Heidelberg het as gunsteling­e opgedaag in hierdie wedstryd en het gemaklik met 31 punte teenoor 19 geseëvier.

Progress vs Jaguars

Progress se nederlaag teen Jaguars van Crags was eenvoudig nét 'n opsomming van hoe die geskiedkun­dige klub van Rosemoor se seisoen verloop het.

Alhoewel hulle by tye goeie rugby gespeel het in die seisoen, kon hulle net nie as oorwinnaar­s uit die stryd tree nie. Jaguars maak geskiedeni­s en wen die wedstryd 27-19.

Hierdie wen was Jaguars se geleenthei­d om hulself uit die relegasie te hou.

Afgelê

Blanco, Riversdal Blues asook Barbarians het nie Saterdag hul toeskouers vermaak nie. Al drie spanne het afgelê.

 ?? Foto: Blake Linder ?? Jaguars speler Thando Makelani (middel) in aksie teen Heidelberg vroër dié seisoen.
Foto: Blake Linder Jaguars speler Thando Makelani (middel) in aksie teen Heidelberg vroër dié seisoen.
 ?? ?? Reinhardt Stears, agsteman van Crusaders, beskerm die bal uit die lig uit met Gaywon Smith wat nader staan vir ondersteun­ing.
Reinhardt Stears, agsteman van Crusaders, beskerm die bal uit die lig uit met Gaywon Smith wat nader staan vir ondersteun­ing.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa