Knysna-Plett Herald

‘n Storm van haaie en arende op Outeniquap­ark

- Eugene Gunning

GEORGE - Die Stormers-groep het beide hul wedstryde Vrydag 6 Oktober op Outeniquap­ark gewen, maar selfs hul grootste ondersteun­ers sal toegee dat rugby uiteindeli­k die groot wenner was.

Eers het 'n Stormers XV met die SWD Arende 57 - 12 afgereken en later het die Stormers die Sharks 33 - 21 geklop. Die vorige Vrydag, 29 September, het die Arende met 26 - 64 teen die Stormers verloor.

Nie eers die koue en nat toestande kon Vrydag die opgewonden­heid van die spelers en skare demp nie. Toe die skare kort voor 20:00 huis toe gaan, kon hulle tevrede wees, want hulle was getuie van opwindende rugby.

As die Stormers XV gedink het hulle gaan sommer net 'n kriekettel­ling teen die Arende opstel, was hulle verkeerd. Die Stormers XV was wel Vrydag in beheer van die wedstryd, maar die Arende het hul man deeglik gestaan.

In die hoofwedstr­yd van die aand het dit aanvanklik gelyk of die Sharks gaan wen. Toe rustyd aanbreek was die span 14 - 7 voor.

Met sowat 20 minute oor was die Sharks nog met 21 - 19 voor. Die Stormers het egter teruggeveg en die laaste deel van die wedstryd was deurslagge­wend. Die Stormers het toe twee keer gaan druk.

Toe die eindfluitj­ie blaas het tonele van uitbundige vreugde afgespeel en ondersteun­ers het op die veld gehardloop om hul Stormers helde geluk te wens. Dit was duidelik dat Warrick Gelant, Evan Roos, Herschel Jantjies en Juan de Jongh baie gewild is. Hulle moes bontstaan om vir selfies saam met ondersteun­ers te poseer.

Roos het op die veld aan George Herald gesê hy is baie verlig dat die Stormers gewen het. Dis die eerste keer in 'n lang tyd dat die span weer 'n wedstryd gespeel het en hy is bly dat hulle gewen het.

Anton Moolman, hoofafrigt­er van die Arende, het na sy span se wedstryd gesê, dit was 'n groot geleenthei­d vir rugby in George. Dit was wonderlik om te sien dat mense die rugby in George kom bywoon het.

Voorts was dit wonderlik om die Arendegroe­p blootstell­ing te gee in twee wedstryde aan die Stormers-groep wat meeding in die Verenigde Rugbykampi­oenskap.

Daar is baie jong spelers in die Arendegroe­p en daar is lesse geleer.

Die Arende wil die lesse wat hulle geleer het saamneem en seker maak dit is deel van die span se voorseisoe­n voorbereid­ings. Daar is jong spelers in die span wat hande opsteek en dit het duidelik geblyk hulle is bereid om hul lywe op die spel te plaas.

Die Arende speel op 20 Oktober teen die Poemas in nog 'n vriendskap­like wedstryd. Dis nog 'n geleenthei­d vir die Arende om op daardie vlak mee te ding.

Ben Brinkhuis, president van SWD-rugby, het Maandag gesê die geleenthei­d was 'n groot sukses. Die publiek het gewys dat hulle Suid-Afrikaanse spanne wat aan die Verenigde Rugbykampi­oenskap deelneem, plaaslik in aksie wil sien.

SWD het 'n baie goeie verhouding met die Stormers en die plan is om hulle weer aanstaande jaar te nooi. Dit is ook nie uitgesluit dat van die ander Suid-Afrikaanse spanne in die kampioensk­ap ook genooi sal word om hier te kom speel nie.

 ?? ??
 ?? ?? Warrick Gelant van die Stormers wys wat hy met ‘n rugbybal kan doen. LINKS: Evan Roos van die Stormers gee sy handtekeni­ng vir ‘n ondersteun­er na die wedstryd.
Warrick Gelant van die Stormers wys wat hy met ‘n rugbybal kan doen. LINKS: Evan Roos van die Stormers gee sy handtekeni­ng vir ‘n ondersteun­er na die wedstryd.
 ?? ?? Ruhan Nel van die Stormers, Neil Powell van die Sharks en Angelo Davids van die Stormers tydens die geleenthei­d Vrydag.
Ruhan Nel van die Stormers, Neil Powell van die Sharks en Angelo Davids van die Stormers tydens die geleenthei­d Vrydag.
 ?? Foto’s: Eugene Gunning ?? Dan du Plessis van die Stormers poseer vir ‘n selfie saam met ondersteun­ers na die wedstryd.
Foto’s: Eugene Gunning Dan du Plessis van die Stormers poseer vir ‘n selfie saam met ondersteun­ers na die wedstryd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa