Knysna-Plett Herald

Arende maak reg vir die nuwe seisoen

- Eugene Gunning

TUINROETE -

Die SWD Arende se amptelike wedstrydve­rpligtinge begin eers in Februarie, maar die span en sy afrigtings­korps sit nie stil nie.

Anton Moolman, hoofafrigt­er en sy afrigtings­pan, het 'n groep van

31 spelers bymekaar getrek en gekontrakt­eer.

Amptelik het die spelers se kontrakte op 6 November begin, maar hulle is reeds van 29 September aan die gereedmaak vir die nuwe seisoen. Die Arende het reeds opwarmings­wedstryde teen die Stormers en 'n Sharks uitnodigin­gspanne agter die rug. Verlede naweek (18 November) het die span teen 'n groep spelers van die Stormers in Hermanus uitgedraf. Die Arende het 51-14 verloor.

Daar is nog vriendskap­like wedstryde voor die amptelike wedstryde begin. Moolman het Maandag 20 November gesê op die oomblik word geleenthed­e geskep en benut om die spelers fiks te ry. Voorts om hulle te laat verstaan wat is die afrigtings­pan se filosofie en die soort rugby wat hulle wil hê die span moet speel. In die geheel gesien is hy sover gelukkig.

Daar is een of twee aspekte wat aandag kry en daar word onder meer gekyk na die vaste vyf voorspeler­s.

Die Arende neem aanstaande jaar aan twee kompetisie­s deel, naamlik die SA Cup (einde Februarie tot Junie) en die eerste divisie van die Curriebeke­rreeks (Junie/ Julie).

Volgens Moolman bied die vriendskap­like wedstryde geleenthei­d vir die spelers om hul vaardighed­e te bepaal en vir die afrigtings­korps om die spelers te assesseer. Alles is 'n voortduren­de proses sodat die span gereed sal wees in Februarie. Die uitslae van sulke wedstryde reflekteer nie altyd positiewe resultate nie. Hy het egter bygevoeg: "Al verloor ons is daar tog positiewe uit te haal." In die groep vir die nuwe seisoen is 17 spelers van die streek. Altesaam 20 van die vorige groep is weer daar. Van die nuwe spelers in die groep het reeds hul hande opgesteek. Moolman glo hulle is besig om in die regte rigting te beweeg. Opvallend vir hom is dat die spelers baie toegewyd is. Die Arende het in die vorige seisoen in die eindstryd die Nzanzi-beker teen die Valke verloor en derde geëindig in die eerste divisie van die Curriebeke­rreeks.

 ?? ?? Zinedine Booysen. Een van die Arende se nuwe aanwinste. Hy speel skrumskake­l en kom van die Cheetahs.
Zinedine Booysen. Een van die Arende se nuwe aanwinste. Hy speel skrumskake­l en kom van die Cheetahs.
 ?? ?? Die SWD Arende besig met voorbereid­ings in die gimnasium.
Die SWD Arende besig met voorbereid­ings in die gimnasium.
 ?? ?? Stefan Leonard hard aan die oefen in die gimnasium.
Stefan Leonard hard aan die oefen in die gimnasium.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa