Knysna-Plett Herald

KKNK: medisyne vir die siel

-

OUDTSHOORN - Die 28ste KKNK, geborg deur Absa, is om die draai. Dit word vanaf Saterdag 23 tot Sondag 31 Maart in Oudtshoorn aangebied en bied voorwaar ’n kuur vir elke kwaal.

"Dié fees word in die Maartvakan­sie aangebied en eindig oor Paasnaweek. Dis ’n wegbreekka­ns vir die hele gesin met ’n program vir elkeen se smaak. Behalwe vir uitstaande drama, komedie, dans en visuele kuns, is daar ook leefstyler­varings en gespreksre­ekse wat sorg vir heerlike kuier en polemiek. Die fees bied hope gratis en goedkoop vermaak, nie net in meer formele venues nie, maar ook in die strate van Oudtshoorn. Dis jou gesondheid­skliniek vir algehele welstand!” Só sê Hugo Theart, uitvoerend­e hoof en artistieke direkteur van die KKNK.

Die program is verlede Woensdag, 24 Januarie, tydens ’n gesellighe­id by Leopard’s Leap in Franschhoe­k bekendgest­el. Kabous Meiring en Dean John Smith was aan die stuur van sake, met uittreksel­s uit twee van dié fees se teaterhoog­tepunte.

Debute

Jana Cilliers deel in die drama Veelhoek, een van 27 feesdebute op die program, die verhoog met Ludwig Binge, onder regie van Marthinus Basson. Cilliers het ook die teks geskryf. Sandra Prinsloo en David Viviers is te sien in Henque Heymans se satire Op die hoek van Styx en River is Nora per abuis met die dood oorgeslaan. Prinsloo speel ook die hoofrol as Maria Callas in die bekroonde produksie van Terrence McNally se

Master Class. Antoinette Kellermann en André Roothman is op die verhoog in Die stoele, ’n klassieke tragi-klug deur Eugène Ionesco, met regie, ontwerp en vertaling deur Basson.

Ander debute op die toneelprog­ram sluit in: Bloedbande, ’n storie uit en oor Namakwalan­d met Lyntjie Jaars; Die begrafnisr­ede, ’n komedie met Wynand van Vollenstee; Lizz Meiring se komedie Die Van Vuurens vat vlam met Meiring, Cara Meiring en David Kuduntwane;

Eg Kaaps: Salaam-stories met Ashraf Johaardien, Cheraé Halley en Yohin Sullapeh; David Viviers en Wessel Pretorius deel die verhoog in die komedie, ’n Lewe in die dag van ’n vrugtevlie­g, ensomeer: Die ongewerwel­detrilogie; Monika, it’s me is ’n drama deur Klara van Wyk en Jenine Collocott, met Van Wyk op die verhoog; Kevin Smith, Reginald Hufkie en Donovan Pietersen is te sien in die drama

Op die kruin van Shôdeville, onder regie van Herschelle Benjamin; Ouma is op pad met Margit Meyer-Rödenbeck en Coenraad Rall (klavier) en Des-Lee McKenzie se satire Vleis/Meat is ook te sien.

Komedie

Stand-up kry in 2024 ’n tuiste by die fees, met Kekkelklin­iek wat ’n hoogtepunt­e uit dié aanbod is.

 ?? Foto: Natalie Gabriels Photograph­y ?? Hugo Theart, uitvoerend­e hoof en artistieke direkteur van die KKNK.
Foto: Natalie Gabriels Photograph­y Hugo Theart, uitvoerend­e hoof en artistieke direkteur van die KKNK.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa