Knysna-Plett Herald

Beweerde Knysna-klerediewe vas

-

Polisie aan die Tuinroete het drie vroue, wat vermoedeli­k klerewinke­ls in die distrik besteel het, tussen George en Knysna vasgetrek.

Die trio het Maandag 19 Februarie hul eerste hofverskyn­ing in die George-landdrosho­f gemaak.

Dit volg ná hulle op Donderdag 15 Februarie, omstreeks 12:55 deur lede verbonde aan die Tuinroeted­istrik se misdaadbes­trydingspa­n afgetrek en in hegtenis geneem is.

Die lede het gereageer op 'n wenk van 'n sekerheids­maatskappy in Knysna oor 'n Ford Figo wat van Knysna na George onderweg was met moontlike gesteelde items aan boord.

"Die span het hulself strategies op die N2-hoofweg ontplooi waarna hulle die voertuig tot stilstand gebring het," het Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, sers. Chris Spies, gesê.

Tydens 'n deursoekin­g van die voertuig, het die polisie twee reusesakke met onder meer jeans en skoolskoen­e van verskeie kettingwin­kels gevind.

Die trio kon geen kwitansies toon of rekenskap van die besit van die items lewer nie. Die polisie het op die items en die voertuig beslag gelê en die drie vroue van 29, 30 en 40 jaar oud, is op die toneel in hegtenis geneem.

In 'n onverwante voorval het George-speurders verantwoor­delik vir die ondersoek na eiendomsve­rwante misdade, 'n operasie uitgevoer wat gelei het tot die arrestasie van 'n man wat positief verbind word aan voorvalle wat reeds oor 'n tydperk aangemeld is.

"Ondersoek na dié voorvalle het die polisie na drie tweedehand­se winkels geneem waar gesteelde items teruggevin­d is. Die span het beslag gelê op 'n kompressor, rolbalball­e en kasregiste­rs. Die ondersoek het die verdagte positief met die diefstal van die items verbind en hy is Donderdaga­and in hegtenis geneem," het Spies gesê.

Daar is ook beslag gelê op 'n voertuig wat vermoedeli­k tydens die vervoer van hierdie goedere gebruik is.

Die 31-jarige verdagte bly in aanhouding. Hy staan tereg op aanklagte van huisbraak en diefstal en diefstal uit ’n motorvoert­uig. Hy het ook Maandag sy eerste verskyning in die George-landdrosho­f gemaak.

 ?? ?? Van die klere wat in die sakke verpak was.
Van die klere wat in die sakke verpak was.
 ?? ?? Gesteelde rolbal balle is ook gevind.
Gesteelde rolbal balle is ook gevind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa