Knysna-Plett Herald

Lloyd Bosman se verjaarsda­ggeskenk

-

OUDTSHOORN - Die bekende langafstan­datleet Lloyd Bosman, het Saterdag 24 Februarie weer die Kango-halfmarath­on gewen toe hy vier minute voor sy naaste teenstande­r oor die wenstreep gehardloop het.

Die gewilde wedloop het naby Schoemansh­oek begin en by die weermagbas­is in Oudtshoorn klaargemaa­k. Daar was ook 'n 42 km-wedloop.

Dat Bosman nie iemand is wat op sy louere rus nie, was duidelik Sondag te sien toe hy op sy 36ste verjaarsda­g alweer geoefen het.

Hy het Dinsdag 27 Februarie gesê sy tyd was een uur en vyf minute. Bosman is die rekordhoue­r van die wedloop en hy het sy eie rekord met net twee sekondes gemis. Verlede jaar het hy as gevolg van ander verpligtin­ge nie deelgeneem nie. Selwyn Matthews, 'n oefenmaat het verlede jaar gewen en was vanjaar tweede.

Volgens Bosman het hy en van die ander atlete tot by die 6 km-merk saamgehard­loop, daarna het hy weggebreek.

Hy het gesê gewoonlik is dit 'n baie moeilike, maar aangename wedloop. Die afgelope Saterdag was dit baie goeie en koel weersomsta­ndighede.

Saterdag se oorwinning was vreugdevol en ook 'n verjaarsda­ggeskenk al was sy verjaarsda­g eers die volgende dag.

Hy het die vorige naweek aan 'n marathon in die Kaap deelgeneem en gewen.

Hy het toe gekwalifis­eer vir die

Twee Oseane-marathon wat op 14 April plaasvind.

Benewens sy oefenry Sondag het hy ook Maandag geoefen vir sy volgende wedloop op 16 Maart, die Weskus Langebaan-marathon.

Hy is die verdedigen­de kampioen. Op die vraag waarom hy al weer Sondag, minder as 24 uur na sy oorwinning geoefen het, het hy geantwoord: "Daar is nie tyd vir vakansie nie."

 ?? ?? Lloyd Bosman (heel links) en van die ander atlede in die voorste groep Saterdag na sowat 6 km.
Lloyd Bosman (heel links) en van die ander atlede in die voorste groep Saterdag na sowat 6 km.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa