Knysna-Plett Herald

Groot rolbal volgende week in George

- Eugene Gunning

GEORGE - Een van die grootste rolbaltoer­nooie in Suid-Afrika, die 2024 Perfect Delivery Inter District B, vind van Maandag 4 Maart tot Vrydag 8 Maart in die Suid-Kaap plaas.

Dit word gespeel op die bane van die George-rolbalklub, Outeniqua-rolbalklub, Hartenbos-rolbalklub en Mosselbaai­rolbalklub. Van die deelnemers sal reeds van Sondag 3 Maart by van die gasheerklu­bs tussen 09:00 en 16:00 kan oefen.

Altesaam 20 distrikte van al die provinsies van oor Suid-Afrika neem deel en 320 spelers, mans en vroue, is betrokke. Daar is ook nog beamptes en in totaal is sowat 400 mense uit die rolbalwêre­ld betrokke.

Penny Dempsey van die reëlingsko­mitee het Maandag 26 Februarie gesê die Edenstreek is vanjaar die gasheer. Dis 'n groot eer om dit te kan aanbied.

Van die ander distrikte is byvoorbeel­d Boland, Grens en Noord-Gauteng.

Volgens Dempsey is dit 'n jaarlikse geleenthei­d en van die beste spelers in die streke se B-spanne sal in aksie wees. Die kompetisie vind op 'n rotasiesba­sis plaas.

By elkeen van die vier klubs waar wedstryde gespeel word sal 80 spelers elke dag deelneem. Wedstryde begin soggens om 08:00. Toeskouers is welkom en toegang is gratis. Die eindstryd is Vrydag tussen 14:00 en 17:00.

Die toernooi het verskeie voordele. Dit is blootstell­ing van die sport, maar sal na verwagting ook ekonomiese voordele hê. Dis nie net die klubs wat voordeel trek nie, maar ook die gasvryheid­sbedryf. Benewens die spelers en beamptes sal van die spelers se families ook na verwagting saamkom.

Dempsey het gesê dis 'n sport wat in gewildheid groei, ook onder jongmense.

Dis 'n sport waaraan mense 'n leeftyd kan deelneem.

 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Penny Dempsey van die reëlingsko­mitee by die George-rolbalklub waar van die wedstryde sal plaasvind.
Foto: Eugene Gunning Penny Dempsey van die reëlingsko­mitee by die George-rolbalklub waar van die wedstryde sal plaasvind.
 ?? ?? Jackie Rabie van Eden wat in aksie sal wees tydens die toernooi.
Jackie Rabie van Eden wat in aksie sal wees tydens die toernooi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa