Kuier Combo

TUNA-MOUSSE

-

Genoeg vir 4 – 6 BESTANDDEL­E

2 blikkies tuna in water 1 eetlepel gelatien-poeier 2 eetlepels water 2 eetlepels suurlemoen­sap Gerasperde skil van 1 suurlemoen 1 teelepel rooipeper Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak ½ x 250 g gladde maaskaas 7 peppadews, fyngekap 2 eierwitte

METODE

Dreineer die tuna en sorg dat dit heetemal gevlok is deur liggies met ’n vurk te roer. Hou eenkant. Giet die water in ’n klein hittebesta­nde glasbakkie en sprinkel die gelatien liggies oor. Laat staan om ’n sponserige tekstuur te vorm. Plaas die glasbakkie in ’n kastrol met ’n klein bietjie water en verhit stadig totdat inhoud in die bakkie weer vloeistof word. Roer die suurlemoen­sap en -skil en rooipeper deur die tuna en meng goed. Geur met sout en peper na smaak. Meng die fyngekapte peppadews met die maaskaas en meng goed met die tuna. Roer die gesmelte gelatien deur die tunamengse­l. Klits die eierwitte sag in ’n aparte glasbakkie en vou dit in die vismengsel. Skep die mengsel uit in ’n gesmeerde vorm en laat in die yskas stol. Keer die gestolde vorm op ’n mooi bord uit net voor opdiening. Sit voor met ’n lekker vars slaai en varsgebakt­e brood. Die terrien lyk ingewikkel­d om te maak, maar dis baie, baie maklik. Dit is egter baie tydrowend, dus is dit beter om dit twee dae voor die tyd te maak sodat jy genoeg tyd het en die gelatien behoorlik kan set (minstens 12 uur settyd).

Genoeg vir 12 BESTANDDEL­E

1 groot of 2 kleiner hamskenkel­s (hock) om saam ongeveer 2 kg op te maak 8 koppies koue water ’n Handvol gekapte vars pietersiel­ie (of 1 eetlepel droog)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa