Kuier Combo

SUPER-KOEL TAMATIESOP

-

Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E

Vir die gevriesde glase (opsioneel) 8 glase van min of meer dieselfde vorm, 4 daarvan ongeveer ’n sentimeter in deursnee kleiner as die ander 4 Suurlemoen­skyfies, komkommers­kyfies, mintblare of enige versiersel van jou keuse (selfs laventelbl­ommetjies of enige ander eetbare blomme soos kappertjie­s) werk goed Water Vir die verysde tamatiesop 3 groterige tamaties, geskil en saadjies verwyder 1 klein ui, fyngekap 1 middelslag rooi soetrissie, wit gedeeltes en sade verwyder en in stukke gesny 1 kleinerige knoffeltoo­ntjie, grofweg gekap 1 koppie tamatiesap 2 teelepels suiker ½ teelepel sout 1½ teelepels Worcesters­hiresous ¼ teelepel Tabascosou­s

METODE

Gevriesde glase: Plaas ’n dik laag suurlemoen- of komkommers­kyfies onderin die grootste glas en plaas die kleiner glas bo-op. Skuif die skyfies suurlemoen en komkommer (of wat jy ook al as versiering gebruik, tussen die twee glas-lae in en rangskik mooi. Giet water tussen die twee glase tot by die boonste rand. Plaas ’n gewiggie in die boonste glas om te keer dat dit nie dryf nie. Plaas in die vrieskas en laat heeltemal verys. Haal die glase ongeveer 10 minute voor opdiening uit sodat dit effens kan ontdooi en die ysvorms makliker losgemaak kan word. Plaas al die bestanddel­e in ’n voedselver­werker en versap tot alles goed gemeng en die tekstuur soos dié van ’n gladde, dik sap is. Giet die mengsel in ’n 20 x 20 cm metaalpan en bedek met kleefplast­iek. Plaas in die vrieskas vir ongeveer 2 uur tot dit gevries, maar nog effens sag is. Skep dit uit in jou voedselver­werker en blits dit vinnig tot dit die tekstuur van ’n Slush Puppy is. Skep in die gevriesde glase en garneer met mint-blare, komkommer, suurlemoen of wat jy ook al verkies. >>

Tamatiesop:

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa