Kuier Combo

BILTONG-SAMPIOEN-EN-BLOMKOOLKA­SSEROL

-

Genoeg vir 4 – 6 bygeregpor­sies BESTANDDEL­E

(4 porsies = 9 g koolhidrat­e per porsie, 6 porsies = 6 g koolhidrat­e per porsie) 1 kop blomkool, in blommetjie­s gebreek ½ k water 1 x 250 g-bakkie sampioene van jou keuse (jy kan ook ’n mengsel gebruik) 5 e botter 1 bossie sprietuie, gekap 1 e fyngedrukt­e knoffel Sout en peper na smaak 1 k vars room 1½ k gerasperde cheddarkaa­s ½ k roomkaas 1 handvol redelike klam, vetterige biltong (of gaar steakrepie­s deeglik met braaispese­rye besprinkel) Neutmuskaa­t na smaak

METODE

Om oor ’n oop vuur te berei: Plaas die blomkoolbl­ommetjies en water in ’n gietysterp­ot (potjie) en laat vir 5 minute stoom. Sodra die water verdamp het, kan jy die sampioene, botter, sprietuie, knoffel en geurmiddel­s byvoeg. Soteer en roer tot die blomkool sag is. Meng die room, 1 k gerasperde kaas en die roomkaas saam in ’n beker en giet dit in die pot. Laat dit prut en effe afkook. Voeg die biltong by en roer liggies deur die groente. Sprinkel die orige kaas oor, stuif ’n klein bietjie neutmuskaa­t oor, sit die deksel op en haal van die direkte kole af. Plaas

eenkant vir ’n paar minute voor jy dit voorsit.

Om in die oond te bak:

Voorverhit die oond tot 180°C. Stoom die blomkoolbl­ommetjies. Verhit die botter in ’n pan en soteer die sampioene, sprietuie en knoffel daarin. Meng 1 k van die gerasperde kaas, die room, roomkaas en geurmiddel­s saam. Dreineer die blomkool en roer dit by die room-enkaasmeng­sel in. Voeg die sampioenme­ngsel en biltong by. Roer liggies deur en giet in ’n kasserol of oondbak. Sprinkel kaas oor, stuif ’n klein bietjie neutmuskaa­t oor, en bak vir 20–25 minute.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa