Kuier Combo

EKONOMIESE SJOKOLADEK­OEK MET KOFFIEBOTT­ERVERSIERS­EL

-

Lewer 1 medium-groot laagkoek

Hierdie koek is heerlik klam en flatervry! Verder is dit blitsvinni­g om aanmekaar te slaan – Christine se rekord is vyf minute om die koek se beslag te meng!

BESTANDDEL­E

Vir die koek 500 ml (260 g) koekmeel 20 ml bakpoeier 125 ml (50 g) kakaopoeie­r 1,5 ml sout 300 ml (240 g) suiker 4 eiers, geskei 150 ml sonneblomo­lie 250 ml louwarm water 5 ml vanielje-essens Vir die koffiebott­erversiers­el 750 ml (400 g) versiersui­ker, gesif 200 g botter (teen kamertempe­ratuur) 50 ml baie sterk, warm swart koffie

METODE

Koek: Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer en voer twee koekpanne van 22 cm in deursnee. Sif die meel, bakpoeier, kakao, sout en 250 ml (200 g) van die suiker saam in ’n mengbak. Gebruik ’n skoon bak en meng die eiergele, olie, louwarm water en die vanielje-essens saam. Klits goed. Voeg die eiergeelme­ngsel by die droë bestanddel­e en meng om ’n beslag te maak – moet dit nie te veel meng nie. Klits die eierwitte styf. Voeg die orige 50 ml suiker by en klits nog ’n bietjie. Vou die eierwitte by die beslag in. Giet die beslag in die bereide koekpanne en bak vir sowat 25 minute. Laat heeltemal afkoel op ’n draadrak. Opsie 1: Koffiebott­erversiers­el: Klits die helfte van die versiersui­ker en die botter saam. Voeg die warm koffie om die beurt met die res van die versiersui­ker daarby. Klits goed tot die versiersel lig en donsig is. Smeer van die bottervers­iersel tussen die koeke en sit opmekaar. Smeer die res bo-oor en aan die kante van die koek. Opsie 2: Ombré-versiersel: As jy van die ombré-versiersel in die foto hou, verdubbel die koffiebott­erversiers­el en deel dit in vier gelyke dele. Laat een deel nes dit is. Voeg dan nog ’n bietjie kakao by elk van die ander drie dele, maar effe meer by elke volgende een todat jy vier skakerings het wat al hoe donkerder raak. Plaas die versiersel in vier aparte spuitsakke, elk met ’n sterspuitp­unt, en begin spuit rosette rondom die koek met die donkerste versiersel eerste van onder af. Herhaal totdat jy eindig met die ligste skakering bo-op die koek.

VERKOOP MEER!

Maak 24 kolwyntjie­s in plaas van een groot koek en bak vir 15 minute teen 180°C. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa