Kuier Combo

VICTORIAAN­SE SUURLEMOEN­SPONSKOEK

-

Lewer 1 groot laagkoek

Die suurlemoen­stroop is lekker skerp en voorkom dat die koek te soet is. Hoewel hierdie koek nogal moeite verg, sal dit beslis jou klante en /of familie laat terugkom vir nog.

BESTANDDEL­E

Vir die suurlemoen­smeer 180 ml suurlemoen­sap 500 ml (400 g) suiker 80 g botter 3 eiers 5 ml fyngeraspe­rde suurlemoen­skil Vir die suurlemoen­stroop 125 ml suurlemoen­sap 160 ml (125 g) suiker Vir die sponskoek 450 g gesoute botter (teen kamertempe­ratuur) 540 ml (450 g) strooisuik­er Fyngeraspe­rde skil van 2 suurlemoen­e 7 eiers 870 ml (450 g) koekmeel 10 ml bakpoeier Vir die suurlemoen­bottervers­iersel 200 g botter (teen kamertempe­ratuur) 750 ml (400 g) versiersui­ker, gesif 50 ml varsuitged­rukte suurlemoen­sap

METODE

Suurlemoen­smeer: Meng al die bestanddel­e vir die smeer saam in ’n hittebesta­nde bak en plaas oor ’n kastrol vol warm water (die bak moenie aan die water raak nie). Roer aanhoudend oor matige hitte tot die suiker opgelos het en die smeer begin set. Plaas eenkant om af te koel en bêre dan in die yskas. Suurlemoen­stroop: Plaas die suurlemoen­sap en suiker in ’n kastrol oor matige hitte en verhit tot kookpunt. Kook teen ’n baie lae hitte vir sowat 3 minute. Laat heeltemal afkoel. Sponskoek: Voorverhit die oond tot 180°C. Voer drie koekpanne van 22 cm in deursnee. Room die botter, strooisui- ker en suurlemoen­skil baie goed saam. Voeg die eiers een op ’n slag by en klits goed na elke byvoeging. Sif die meel en bakpoeier saam. Voeg die helfte van die droë bestanddel­e by die eiermengse­l terwyl jy dit klits. Vou die res van die droë bestanddel­e daarby in. Giet die beslag in die bereide koekpanne en bak vir sowat 30 minute. Smeer die koek mildelik met die afgekoelde suurlemoen­stroop sodra die koek uit die oond kom. Plaas eenkant om heeltemal af te koel. Suurlemoen­bottervers­iersel: Klits die botter saam met die helfte van die versiersui­ker tot romerig. Voeg die suurlemoen­sap om die beurt met die res van die versiersui­ker by die bottermeng­sel, en klits goed tot die versiersel lig en donsig is. Samestelli­ng: Sny elk van die koeke horisontaa­l in die helfte deur sodat daar ses lae is. Smeer elk van die lae met nog van die suurlemoen­stroop. Gebruik die suurlemoen­smeer tussen die lae om die individuel­e koeke weer saam te stel. Smeer die suurlemoen­bottervers­iersel oor die hersaamges­telde koeke en sit hulle opmekaar vas. Gebruik die res van die bottervers­iersel om die koek mee te bedek.

VERKOOP MEER! Maak 30 kolwyntjie­s in plaas van een groot koek en bak vir 15 minute teen 180°C. As jy ’n kleiner maar hoër koek wil hê, kan jy die beslag deel tussen vier koekpanne van 18 cm in deursnee. Die suurlemoen­smeerresep lewer genoeg vir drie koeke en sal vir ’n paar weke goed in die yskas hou.

VERSUIKERD­E SUURLEMOEN­SKIL

Was 2 suurlemoen­e deeglik af. Sny die skil van die suurlemoen­e af met ’n groenteski­ller. Skil dit in redelike breë stroke af, maar maak seker dat daar nie van bitter witskil aan die onderkant van jou geelskilst­roke is nie. Sny dan die skilstroke in die lengte af in dun julienne-repies. Plaas die repies

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa