Kuier Combo

WENKE VAN A-Z

Middels, soos koeksoda en vanilla essence, het meer as een doel om jou lewe te vergemakli­k. So as jy sukkel met lastige vlieë of kokkerotte of aangepakte klere, daar ís iets wat jy daaraan kan doen.

-

AAsyn Gooi ’n bietjie asyn in ’n houer langs jou bed. Haal saans die deksel af om muskiete weg te hou. Alet Holland, Port Elizabeth

Gooi ’n bietjie asyn in die pot wanneer jy eiers kook. Die pot sal dan steeds blink. Gadea Arends, Uitenhage

B: Babapoeier

Baie effektief vir ’n heat rash of ander veluitslae. Gertrude Botha, Centurion

Strooi in bed vir lastige vlooie. Christolee­n Maarman, Eersterivi­er

C: Cling wrap

Draai cling wrap om ’n gebruikte ui en plaas dit in die yskas as jy dit later weer wil gebruik. Joe Valentine, Eersterivi­er Draai jou kookolie-bottel toe in cling wrap om oliemerke in jou kas te verhoed wanneer jy dit bêre. Faith McCay, Port Elizabeth

D: Domestos

Gooi op oliekolle op jou sement en wag ’n dag of twee vir dit om te verdwyn. Ria de Jager, Noordwes Gooi ’n bietjie in jou toiletbors­elhouer. Dit hou dit skoon en laat dit vars ruik. Emelda Perrang, Wolseley Om baie vuil, wit sokkies skoon te kry, meng een teelepel Domestos in louwarm water en laat die sokkies daarin lê. Joan Carollisen, Paarl

EVitamien E-olie

Smeer die olie aan die binnekant van jou boude wat geskaaf het om die donker kolle daar ligter te maak. Lee-Anne Chapman, Port Elizabeth Smeer drie keer per dag aan jou vratjies as jy van hulle ontslae wil raak. Collett Retief, Gansbaai

FFoil Lê jou oond uit met foil om dit skoon te hou. Vervang elke keer die foil. Munira Savahl, Worcester

Bêre wolkleding­stukke ná die winter in foelie. Die foil beskerm dit teen lug, insekte en klammighei­d. Benita de Reuck, George

Trek foil op jou strykplank onder die materiaal. Dit reflekteer hitte sodat albei kante van die kledingstu­k gelyktydig gestryk word. Florence Koekemoer, Germiston

G: Gliserien

Dit help vir borsvoeded­e ma’s met seer tepels. Smeer aan ná elke voeding. Sunette Coetzee, Worcester

As jou brilglase vaal is, smeer ’n bietjie gliserien aan voor jy hulle blink vryf. Cathleen Hopp, Robertson

HHeuning

Meng een eetlepel heuning met een teelepel fyn kaneel en smeer dit aan jou tand wat pyn. Dorothy Tobias, Port Elizabeth

Voeg ’n teelepel heuning by jou room as dit nie styf genoeg wil klop nie. Eileen van Wyk, Koue Bokkeveld

I: Laat dit inlê

Vir T-hempde met aangepakte blaaie, smeer Handy Andy aan en laat dit week. Was dan soos gewoonlik.

Elmarie Steenkamp, Campbell

Smeer karringmel­k aan jou kastrolle en stainless steel-items om dit weer te laat blink. Los dit vir ’n ruk aan en vryf blink met ’n droë lap. Johanna Slabbert, Kirkwoodoo­d

JJik

Week aangepakte glas blompotte vir ’n rukkie in Jik-water. Marianna Geduld, Ceres

As jou badkamer se plafon donker mufkolle op het, spuit ’n bietjie Jik daaraan. Juliet Paulse, Vredenburg

K: Koeksoda

Voeg ’n bietjie koeksoda by jou waspoeier om vetkryt- en lipstiffie­merke uit klere te haal.

Erika van der Merwe, Vredekloof Gooi ’n bietjie koeksoda by boontjies om dit vinniger sag te kook. Marianna Marinus, Athlone

L: Laventel

Plaas laventel-takkies in jou klerekas om dit lekker te laat ruik. Sybil bilAdams Adams, Stellenbos­ch

Week laventel oornag in water, dep ’n stukkie watte daarin en smeer oral oor jou kat vir vlooie. Ina Basson, Tableview

MMeubelpol­itoer

Spuit ’n bietjie meubelpoli­toer aan jou besem se hare om dit te beskerm. Dit vee ook beter en laat jou vertrek lekker ruik. Irene Cupido, Langebaan

Maak jou blinds met meubelpoli­toer skoon. Dit verhoed dat die stof weer daarop gaan lê. Myrtle Arendse, Kuilsrivie­r

Spuit meubelpoli­toer aan jou vensters wanneer jy dit klaar gewas en afgedroog het en vryf dan op met ’n skoon lap. Lorraine Nel, Port Elizabeth

N: Nail polish

Smeer clear nail polish aan die onderkant van blikkies, soos jou skeermidde­l om te verhoed dat die roes die oppervlakt­e vuil maak. Barbie van Niekerk, Rooiberg

Gebruik clear nail polish om glasdiaman­te en -steentjies aan te smeer wanneer jy iets versier. Dawn Viljoen, Limpopo

Gebruik nail polish dieselfde kleur as jou skoene wat afgeskaaf is, om die merke te verbloem. C.M. Grewe, Grassy Park

O: Opwasmidde­l

Gooi ’n bietjie opwasmidde­l in ’n bakkie en plaas dit daar waar die vlieë lastig is. Noleen Rotquel, Eersterivi­er

Vir blink motorbande, meng opwasmidde­l en coke en smeer aan. Henry Esau, Kimberley

P: Piesangs

Smeer die binnekant van die piesangski­l aan jou vingers wat geel getrekget het weens rook. Rach Rachel Malan, Fraserburg

Plaas ’n piesangski­l op jou eelt en maak dit toe met ’n sokkie. Samantha Stevens, Mitchells Plain

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa