Kuier Combo

KOOK VIR KUIER

-

Voor Karen haar voorskoot aangetrek en doenig geraak het in die kombuis vir Kuier, was sy in die mediabedry­f waar sy haar liefde vir tale en skryf uitgeleef het. Sy was verbonde aan gevestigde titels soos Huisgenoot en tvplus waar sy TV-skedules vir hulle opgestel het. Sy het gevoel iets skort, maar kon nie haar vinger daarop lê nie. Dis egter toe sy die boek Julia & Julia lees, wat alles vir haar duidelik geword het: Sy het besef sy kan haar liefde vir kook en skryf kombineer, en só is haar blog gebore. “Ek het dit eintlik net vir myself gedoen, amper soos dagboek hou, maar toe begin mense daarop reageer. Willem Breytenbac­h (voormalige hoofbestuu­rder van Media24 se weeklikse tydskrifte, wat die gaping in die mark vir Kuier gesien het) het my blog raakgesien en gevra of ek nie vir dié tydskryf wil vryskut nie. En ek het amper nee gesê, want ek was so bang! “Die eerste ding wat ek moes maak, was wraps en ek het dit toe nog nooit gedoen nie en daar was nie eens tyd om te oefen nie. Maar gelukkig het ek nie nee gesê nie, want die lesers se terugvoeri­ng was ongeloofli­k. Met elke oproep of e-pos leer jy jou mense ken en jy weet dan vir wie jy kook.” En wat is haar kosfilosof­ie? “Wanneer ek hartseer is, kook ek. Toe my lewensmaat gesterf het, was ek pal in die kombuis en het my hartseer weggekook; dis my manier van dinge verwerk. Ek kook ook as ek bly is, maar ek kan nie kook as ek kwaad is nie. Ek sorg altyd dat daar goeie, positiewe vibrasies en geen kwade gevoelens is nie, want dit het beslis ’n impak op jou kos; jy kan dit sommer proe, want dinge kom nie uit soos dit moet nie. “Kook is ’n vorm van meditasie en terapie. Die dinge wat my aantrek, is wat in die pot gebeur as jy byvoorbeel­d ’n bietjie knoffel, ’n sonryptama­tie, ’n ui en basiliekru­id saamgooi en jy ruik die wonderlike geure wat daar uitkom. Ja, ek probeer hier

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa