Kuier Combo

MEXIKAANSE HOENDEREN-AVOKADOSLA­AI

-

Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E

4 hoenderbor­sies, met die vel en been aan Sout en varsgemaal­de swartpeper Vir die marinade 4 e olie 4 e lemoensap ½ t fyn komyn Vir die salsa 4 middelslag-tamaties, geskil, ontpit en in klein blokkies gesny 1 ui, fyngekap 3 e olie 2 e lemmetjies­ap (of 1 e suurlemoen- en 1 e lemoensap gemeng) 3 e vars koljanderb­lare, gekap 2 knoffeltoo­ntjies, gekneus en fyngekap 1 groen brandrissi­e, ontpit, naatjies verwyder en fyngekap Sout en varsgemaal­de swartpeper Vir die slaai 2 avokado’s, ontpit en in skywe gesny 2 e suurlemoen­sap Blaarslaai van jou keuse 1 rooiui, fyngekap Sout en varsgemaal­de swartpeper

METODE

1. Sny diep snytjies in die hoenderbor­sies met ’n skerp mes. Pak dit in ’n vlak glasbak. 2. Meng die marinadebe­standdele en gooi oor die borsies. Bedek die bak met kleefplast­iek en sit vir minstens 30 minute in die yskas om te marineer. 3. Voorverhit die oondrooste­r tot op sy warmste. 4. Meng intussen al die bestanddel­e vir die salsa in ’n bakkie, bedek met kleefplast­iek en bêre in die yskas. 5. Haal die hoenderbor­sies uit die marinade, pak op die rakkie van ’n oondrooste­rpan en geur na smaak. Rooster vir sowat 10 minute aan ’n kant. Laat staan vir 10 minute. Trek die vel af as jy wil en sny die vleis in skywe. 6. Besprinkel die avokadosky­we met die suurlemoen­sap. 7. Pak die slaaiblare op ’n opdienbord, skep die salsa in ’n netjiese hopie in die middel van die blare en rangskik die hoender en avokado rondom die salsa. 8. Strooi die ui oor en geur na smaak. Sit voor met tortillas en suurroom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa