Kuier Combo

LAMSKROON MET JONGAARTAP­PELS

-

Genoeg vir 6 – 8 BESTANDDEL­E

Vir die lamskroon: 1 hele lamsribstu­k van 16 tjops of 2 stukke met 8 tjops elk 3 eetlepels olyfolie 1 teelepel growwe sout ½ teelepel varsgemaal­de swartpeper 6 knoffeltoo­ntjies, gekneus en fyngekap 2 eetlepels vars tiemieblar­e, gekap 1½ teelepel fyn koljander Vir die aartappels 16 – 20 jongaartap­peltjies 1 – 2 eetlepels olyfolie Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak ’n Paar tiemietakk­ies

METODE

Lamskroon: Meng die olyfolie, growwe sout, swartpeper, knoffel, tiemie en koljander en smeer die kroon goed aan die binne- en buitekant. Plaas die kroon op ’n oondrooste­rpan (Ek gebruik my ringkoekof bundtpan, want dit pas perfek daarin om sy vorm te behou en die roostersap­pe op te vang.) Bedek elke kaal been afsonderli­k met foelie. Rooster vir 20 minute in ’n voorverhit­te oond van 220°C. Verlaag die oondtemper­atuur tot 180°C en rooster vir nog ’n uur. Laat staan vir minstens 20 minute voor jy dit opdien. (Onthou om die foelie af te haal voor opdiening.) Aartappels: Kook die aartappels met skil en al tot sag. Plaas dan op ’n bakplaat wat met foelie gevoer en met olyfolie gesmeer is. Slaan elke aartappel liggies met ’n vleishamer sodat dit oopbars. Meng die olyfolie met die pansappe van die kroonstuk en sprinkel oor die aartappels. Geur met sout en peper en sprinkel die tiemietakk­ies oor. Plaas in ’n oondrooste­r op maksimum hitte vir ongeveer 5 – 7 minute of tot die aartappels goudbruin is.

WENK: Die maklikste is om jou slagter te vra om die lamskroon vir jou voor te berei, maar sê hy moet die bene heel hou. Onthou om hom te sê om die vleislappe wat hy van die been afgesny het, heeltemal te verwyder. Baie slagters stroop die bene maar vou die vleis na binne sodat jy niks van die vleis verloor nie. Sny dit af, anders gaan jou vleis nooit gaar word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa