Kuier Combo

GEROOSTERD­E VARKLIES MET SMOORKOOL

-

Genoeg vir 6 BESTANDDEL­E

Vir die varklies 2 eetlepels fennel (vinkelsaad) 1 teelepel swart peperkorre­ls 1 teelepel soutvlokki­es of growwe sout 3 eetlepels vars tiemieblaa­rtjies, gekap 3 knoffeltoo­ntjies, fyngekap 3 eetlepels olyfolie plus nog 1 eetlepel ekstra 1½ – 2 kg beenlose varklies Sap van 1 suurlemoen Vir die smoorkool 2 eetlepels olyfolie 3 uie, gehalveer en in dun halfmane gesny 4 Granny Smith-appels, geskil, stronk verwyder en rofweg in stukke gekap 1 kopkool, gekerf Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak ½ koppie sagte bruinsuike­r 100 ml rooiwynasy­n

METODE

Varklies: Rooster die fennel en peperkorre­ls in ’n droë pannetjie vir ’n paar minute. Kap dit saam met die sout, tiemie en knoffel fyn met ’n stamper en vysel of meng in ’n voedselver­werker. Meng dit dan met die 3 eetlepels olyfolie en smeer oor die vleisgedee­lte van die lies, maar nie aan die velkant nie. Sny die velkant in netjiese kepe. Bedek die vleis en laat staan vir ’n paar uur of oornag in die yskas. Plaas die vleisstuk in ’n oondrooste­rpan en vryf die velgedeelt­e in met die ekstra lepel olyfolie en heelwat sout. Plaas dit in ’n voorverhit­te oond van 200°C vir 30 minute. Sprinkel die suurlemoen­sap oor die vel, verlaag die oondtemper­atuur tot 180°C en rooster vir nog 1½ – 2 uur. Verhoog die hitte tot 220°C en rooster vir nog 15 – 20 minute of tot die velkant brosgebraa­i en goudbruin is. Laat rus vir 20 minute voordat jy die vleis sny. Smoorkool: Verhit die olie in ’n swaarboomk­astrol en braai die uie daarin tot sag en deurskynen­d. Voeg die appel en kool by en geur met sout en peper. Bedek die pot en smoor oor lae hitte vir ’n uur. Loer af en toe en voeg ’n bietjie water by as dit lyk of dit gaan vasbrand. Voeg die bruinsuike­r ná ’n uur by, as die kool lekker sag is, en roer die asyn deur. Kook vir nog 10 minute en geur weer met sout en peper. Bedien met die varklies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa