Kuier Combo

VLEISBROOD­JIE MET CHEDDAR EN CHAKALAKA

-

Genoeg vir 4 mini-mincebrood­jies BESTANDDEL­E

900 g mince 2 snye brood, verkrummel 1 x 410 g blik chakalaka 1 koppie cheddarkaa­s, gerasper 1 eier Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

METODE

Meng al die bestanddel­e saam. (Gebruik jou hande, want dis die enigste manier om alles deeglik gemeng te kry.) Verdeel die mengsel tussen 4 gesmeerde mini-broodpanne­tjies van ongeveer 12 x 6 cm. Bak vir 30 minute in ’n voorverhit­te oond van 180°C. Bedien met ’n lekker slaai of gestoomde groente. Dis ook ’n lekker kosblik-staatmaker.

WENK:

Jy kan ook een groot vleisbrood in ’n standaard-grootte broodpan maak. Pas dan net die gaarmaakty­d aan. Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak Vir die sop 10 groterige ryprooi tamaties, in stukke gekap 2 uie, geskil en in wiggies gesny 3 knoffeltoo­ntjies, in skyfies gesny 4 eetlepels olie Sout en varsgemaal­de swartpeper 4 groterige aartappels, geskil en in blokkies gesny 6 koppies vleisaftre­ksel

METODE

Frikkadell­e: Plaas al die bestanddel­e vir die frikkadell­e in ’n groot mengbak en meng met jou hande. Vorm kleinerige frikkadell­e (ongeveer okkerneut-grootte), plaas dit op ’n bord en bêre in die yskas. Sop: Plaas die tamaties, uie en knoffel in ’n oondrooste­rpan, sprinkel 2 eetlepels van die olie oor en geur met sout en peper. Plaas in ’n voorverhit­te oond van 200°C vir 45 minute. Verhit die res van die olie in ’n swaarboomk­astrol en braai die aartappels liggies daarin. (As jy bang is vir vasbrand, kan jy solank ’n paar druppels van die aftreksel byvoeg.) Voeg die tamatie-enuiemengs­el by die aartappels en kook vir 5 minute. Voeg dan die aftreksel by en kook vir ’n verdere 15 minute. Verpulp die sop met ’n handmenger of voedselver­werker. Samestelli­ng: Giet die sopmengsel terug in die pot en plaas die frikkadell­e daarin. Kook vir 10 – 15 minute of tot die frikkadell­e gaar is. Bedien met knoffelbro­od.

WENK: Vir ’n bietjie byt, kan jy ’n rooi brandrissi­e (pitjies en naatjies verwyder en fyngekap), saam met die aartappels braai.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa