Kuier Combo

MILJOENÊRS-BROSBROOD

-

Lewer 32

Voorbereid­ing: 1 uur Bak: 30 minute, plus 30 minute om te verkoel

BESTANDDEL­E

Brosbrood 250 g botter 125 g strooisuik­er 300 g koekmeel, gesif Karamel 125 g botter 65 g strooisuik­er 200 g kondensmel­k 30 ml gouestroop Sjokolade-bolaag 160 g donkersjok­olade, gekap

METODE 1. 2.

Smeer ’n vierkantig­e 20 cm-koekpan. Om die brosbrood te maak, klop die botter en strooisuik­er tot romerig, maar moenie te veel meng nie. Roer die meel by en bring die deeg vinnig met jou hand saam. Druk die deeg eweredig op die boom van die gesmeerde koekpan vas en prik dit oraloor met ’n vurk. Verkoel in die yskas vir 10 minute. Voorverhit die oond tot 160°C en bak vir 30 minute tot ferm en goudbruin. Haal uit die oond en laat dit in die pan afkoel – dit sal brosser raak namate dit afkoel. Om die karamel te maak, verhit die botter, strooisuik­er, kondensmel­k en gouestroop stadig in ’n kastrol; roer voortduren­d tot gesmelt en glad. Verhit die mengsel tot dit kook, roer voortduren­d met ’n houtlepel en laat kook tot sagtebalst­adium. (Toets deur ’n bietjie van die karamel in ’n beker koue water te drup. As jy maklik ’n balletjie met die afgekoelde mengsel met jou vingers kan vorm, het dit sagtebalst­adium bereik.) Giet die karamel oor die basis en laat dit afkoel. Smelt die sjokolade vir die bolaag in ’n bak oor ’n kastrol warm water (nie kokend nie). Giet die gesmelte sjokolade oor die afgekoelde karamellaa­g en laat dit sowat 30 minute in die yskas stol. Tik die heel brosbrood uit die pan en sny dit met ’n warm mes in klein vierkante of vingers.

3. 4. 5. 6.

bakpapier wat liggies met meel bestrooi is en verkoel nog 20 minute om die opgerolde deeg weer ferm te maak. Voer twee bakplate met bakpapier uit. Doop ’n ronde 5 cm-koekiedruk­ker liggies in meel, druk deegsirkel­s uit en sit dit op die bakplate. Rol die afvalstukk­ies deeg uit (verkoel weer indien nodig) en druk nog koekies uit. Herhaal tot al die deeg opgebruik is. Druk ’n hartjie in die middel van die helfte van die koekies uit. Rol die deeg wat afval weer uit om nog sirkels uit te druk. Verkoel die gevormde koekies sowat 30 minute om dit weer ferm te maak. Voorverhit die oond tot 160°C en bak die koekies 14 – 16 minute tot lig goudbruin. Indien hulle sprei en hul vorm verloor, druk weer die warm koekies uit wanneer hulle uit die oond kom. Laat op ’n draadrak afkoel en bestuif dan die sirkels met die hartjies met versiersui­ker. Verhit die konfyt op die stoof of in die mikrogolfo­ond sodat dit smeerbaar is. Om saam te stel, plak ’n heel koekie en een met ’n hartjie met konfyt op mekaar. Herhaal met al die koekies.

3. 4. 5. 6. 7.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa