Kuier Combo

konkoksies met kruie

Partykeer moet jy die natuur gebruik om van kwale le ontslae te raak. Die kruiekenne­rs oom Johannes Willemse en Antoinette Pienaar deel hul tips.

-

Bedsere en enwondewon­de wat sukkel om te genees Gifbolplan­te is ideaal om van dié probleem ontslae te raak. Gifbolplan­te lyk soos die blare wat die ui omring, maar hou in gedagte dat die bol self baie giftig is en onder geen omstandigh­ede gebruik moet word nie. Die blare wat die bol omring, kan afgetrek en op bedsere gebruik word, want dit hou die seer of wond droog en dreineer ook die vog rondom. Vervang die blare drie keer per dag. Vir wonde wat ’n diep gat vorm, moet jy eers Vaseline bo-oor aansmeer, want die liggaam produseer vloeistof in ’n poging om die wond “op te vul” en dis dié vog wat verhoed dat die wond genees.

Resep vir bedsere:

100 g Agricura Pienk-melksalf (word ook speensalf genoem, want dit word aan ’n koei se spene gesmeer) 300 ml olyfolie 10 ml brandspiri­tus (meth spirits) 10 ml kamferolie 25 g Betadine-salf

Meng eers die melksalf en Betadine en meng dan die res by. Smeer 4 tot 5 keer per dag aan die bedsere.

Doofheid, vertigo en suising in die ore

Giet ’n middelslag bottel kasterolie in ’n pan, sny drie knoffelhui­sies op en voeg dit daarby. Braai op matige hitte tot die knoffel liggies verbruin. Haal van die stoof af, laat afkoel en gooi die mengsel in ’n glasbottel met die stukkies knoffel en al. Skep ’n teelepel daarvan, verhit tot lou oor ’n kersvlam (moet nooit koue olie in die oor gooi nie) en gooi dit die een aand in die een oor en die volgende aand in die ander oor. As die olie goed ingeloop het, sit ’n pluisie in die oor. Gesondheid­swinkels het ook oorkerse (ear candles) en die gebruik van oorkerse word sterk aanbeveel nadat die ore vir die eerste keer aan beide kante met die oliemengse­l behandel is. Dit is raadsaam om altwee ore te behandel, al ondervind jy net ongemak in die een oor. Oorkerse kan net een keer elke ses maande gebruik word. Brongitis, longontste­king en emfiseem Neem vier takkies wilde-als en een takkie wynruit, albei vanaf die pols tot die wysvinger. Skraap 1 teelepel se splinters nieshout met ’n skerp messie af en plaas alles ’n pot. Voeg 1 liter water, 1½ koppie suiker en kook vir 45 minute oor matige hitte. Laat die stroopmeng­sel afkoel, gooi dit in ’n glasbottel en bêre in die yskas. Drink drie keer per dag ’n kelkie (tot) van die mengsel. Gebruik die mengsel soos nodig. Jy kan ook self wilde-als en wynruit in jou tuin groei. Die plante is by sekere kwekerye beskikbaar.

Mondsere en ’n seer keel

Vir mondsere, neem die vetblaar van ’n hotnotsvy (suurvy), breek die blaar oop en smeer die sap van die blaar op die seertjies. Doen dit soveel keer per dag soos benodig. Vir ’n seer keel kan jy ’n stukkie van die blaar kou, die sap insluk en die stukkies uitspoeg. Kappertjie­blare is ook goeie medisyne vir ’n seer keel. Kou sowat drie blare op ’n slag en sluk die stukkies in. Dit is nogal skerp, so as dit vir kinders is, gee dit vir hulle met ’n snytjie brood dan is dit nie so sterk nie. Kasterolie is ook ’n wenner om aan mondsere te smeer. Dit bring verligting van pyn en waar jou vel so brand. Jy kan ook drie keer per dag, ná etes, ’n teelepel organiese borrie eet. Die borrie help die ontsteekte senuweepun­te om te herstel. Kankerboss­ie is die koning van die kruie, want dit versterk jou immuunstel­sel en as jou immuunstel­sel sterk is, help dit die res van die liggaam herstel. Die krui is al krui wat jy elke dag kan drink. Met ander kruie moet jy eers ná drie maande stop sodat jou liggaam ’n blaaskans kan kry om homself te genees. Neem 1 teelepel kankerboss­ie, sit dit in ’n glasbak en gooi 1 liter kookwater daarop. Laat afkoel, gooi in ’n glasbottel en bêre die bottel in die yskas. Drink ’n halwe koppie, drie keer per dag. Toewyding tot jou genesing is baie belangrik, so hou aan om jou kruie soos voorgeskry­f te gebruik.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa