Kuier Combo

LEKKER MET LENSIES

Lensies en bone is lankal nie meer net winterkos nie. Probeer dit in ’n slaai of vullende eenpotgere­g en jou geliefdes sal vra vir nog.

-

BOTTERSKOR­SIE, KAAS EN LENSIE-SLAAI Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E

1 koppie gaar IMBO bruin lensies ¼ koppie Franse of balsemiek-slaaisous 2 teelepels vars kruisement (mint), fyngekap Sout en peper na smaak ½ botterskor­sie, geskil 250 g halloumi-kaas, in 5 cm blokkies gesny 250 g kersietama­ties Olyfolie 200 g repiesspek, brosgebraa­i en in stukkies gesny 1 pak gemengde slaaiblare

METODE

Voorverhit die oond tot 220° C. Meng die lensies, slaaisous en kruisement saam. Geur met sout en peper en hou eenkant. Gebruik ’n groenteski­ller en sny die botterskor­sie in dun repies. Hou eenkant in ’n bak met yswater. Rangskik die kaas en tamaties op ’n bakplaat en bedruip met olyfolie. Maal ’n bietjie swartpeper oor en bak vir 8 minute totdat die kaas goudbruin is. Draai die kaas een keer gedurende die baktyd om. Rangskik die slaaiblare in ’n mooi slaaibak. Bedek met die botterskor­sierepe en die spek. Roer die warm kaas en tamaties en die lensies met die slaaisous by. Roer deur en geniet. PLUM het die resep vir IMBO ontwikkel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa