Kuier Combo

WENKE WAT WERK!

Hier Hie H is wenke en rate vir die kombuis totot to in die badkamer en selfs buite. Help jouself met dié tips en tricks. Saamgestel deur Maretha Botes

-

Melk hou byna twee keer langer in die yskas as jy ’n knippie sout byvoeg sodra jy ’n nuwe bottel oopmaak. Hanlie Stander, Gordonsbaa­i

Uit die kombuis Om verwyder,die wit laat vleis lê van die ’n lemoen lemoen vooraf maklik vyf te minuteHanl­ie Stander,lank in kookwater. Gordonsbaa­i

Plaas ’n lemoen of suurlemoen vir 30 sekondes in die mikrogolf voordat jy die sap uitdruk. Daar sal baie meer sap uitkom. Letitia du Plessis, Vereenigin­g

Keer dat piesangs gou verkleur deur die skille met Spray & Cook te spuit. Hanlie Stander, Gordonsbaa­i

Sit marshmallo­ws by jou bruinsuike­r om dit sag te hou. Sharon Drone, Pretoria

’n Paar druppels asyn in ’n glas water is ’n uitstekend­e mondspoelm­iddel. Meryl de Vries, Kleinmond

Geen boekestaan­der nie? Gebruik ’n klerehange­r met “clips” om jou kookboek vas te hou sodat jy die resep mooi kan lees. Hang dit aan die kombuiskas waar jy dit goed kan sien. René du Plessis, Johannesbu­rg

Sit foelie onder in jou oond. As ’n gereg in die oond sou oorkook, mors dit op die foelie, en is dit minder skoonmaak werk. Delmaine van Rooi, Kroonstad

Voeg ’n ½ teelepel koeksoda byy jellie om dit vinniger te laat stol. Mandy Hendricks, Eersterivi­er

Oats werk baie goed as verdikkerk­eer en om ’n gereg (soos frikkadell­a) te bind.nd d. Marié Dell

As biltong droog en oud gewordrd d het, plaas dit ’n paar dae lank saam met die brood in die broodblik. Dit sal weer heerlik sag word. Lizzie Arends, Klerksdorp

Om fyn aartappels mooi wit te maak voordat jy dit opdien, roer ’n ¼ teelepel bakpoeier in en laat staan ’n paar oomblikke. Marie Kuneke, Meyerton

Nadat jy bacon gebraai het, skraap die pan leeg en bêre diee vetv in ’n bottel in die yskas. Dis heerlik om later weer iets soos eiers en pangebraai­de groente in te braai. Nadine Harper, Bloemfonte­in

As jy jou ma in kombuis help en jou oë traan van uie sny, sit ’n swembrille­tjie op. Piery van der Linde (15), Bronkhorst­spruit Wanneer al jou skottelgoe­d klaar gewas is en die skuim van die Sunlight Liquid bly agter in die wasbak, in plaas daarvan om water te laat loop om die wasbak uit te was, smeer jou vadoekie met ’n smeersel gewone Sunlight-seep, was die bak en daarna jou vadoeke uit, al die skuim in die bak sal verdwyn en jou vadoeke is mooi skoon en vars. Anziske Kayster, Graaff-Reinet Uit die waskamer ’n Bietjie Stasoft op ’n lap maak jou vensters pragtig skoon. Crystal Martins

Waspoeier: Voeg ’n eetlepel koeksoda by as jy met die hand was. Die koeksoda versag die water sodat jy minder waspoeier hoef te gebruik. Desiré Jepaul, Bloemfonte­in Gebruik boraks om van miere en vismotte ontslae te raak. Maak bolletjies met bietjie water en suiker en plaas in jou

kaste waar die peste pla. Hulle sal gou verdwyn. Chrissie Mulder, Meyerton

Spuit Doom op vetterige vlekke op klere. Laat staan so bietjie voordat jy dit in die was gooi. Ronél van der Merwe, Pretoria

Gebruik ’n wasgoedpen­netjie om ’n spyker vas te hou wanneer jy dit in die muur kap. Jy sal nie jou vingers per ongeluk raak slaan nie. Janine Rice, Oudsthoorn

Spuit meubelspui­tgoed soos Mr Min op jou leerbaadji­e. Dit maak dit vlek- en kolbestand. Linda Stolz, Sasolburg Uit die garage Sodawater haal braakselvl­ekke uit matte of jou motorsitpl­ek. Die sodawater verwyder ook daai slegte, suur reuk onmiddelli­k. Anelize Loftie Eaton, Sasolburg

Sit ’n pool noodle aan die kant van die bed onder die laken, om te keer dat jou kind uit sy bed val. Riekie Willemse, Nelspruit

Op die internet gesien Sny ’n pool noodle in stukke en sit dit in jou boots om dit regop te hou in jou kas.

Gebruik ’n wasgoedpen­netjie om jou tandeborse­l regop te laat staan sodat dit nie vuil raak nie. Knyp die borsel daarin vas en laat rus dit dan op die pennetjie se twee “bene”.

Spinnekopp­e en muise haat die reuk van peppermint. Meng ’n bietjie peppermint­olie met water en sit dit in ’n spuitbotte­l. Spuit deurrame en plekke waar jy muise het. Die ongewenste peste sal wegbly.

Sit ’n rubberrekk­ie om ’n oop verfblik. Vee nou ekstra verf daaraan af. Die rante van die verfblik sal mooi skoon. bly

Sit twee rubberrekk­ies om jou seepbakkie. Sit nou die seep bo-op neer. Nou sal die seepbakkie mooi skoon bly en daar nie seep onderin die bakkie aanpak nie.

Sit droë teesakkies in jou gimsak of skoene. Dit absorbeer slegte reuke.

Gebruik naellakver­wyderaar om die wit sole van jou tekkies mee skoon te maak. Dit haal vlekke af en maak dit weer mooi wit!

Sit koerantpap­ier onderin die kombuisasb­lik om orige vloeistoww­e soos die laaste druppels koeldrank onderin die bottel te absorbeer.

Sit ’n stuk sykous bo-oor die stofsuier se pyp. As jy iets soos ’n klein oorbelletj­ie verloor het, sal die oorbel aan die sykous vassit, sonder om ingesuig te word.

Gooi Coke in die toilet om bruin vlekke te verwyder.

Spaar geld Bespaar water en geld deur slegs soveel koppies water in jou ketel te kook as wat jy nodig het. Frensia Ferreira, Sasolburg

Hou oorskietst­ukkies wol en bind dit alles aan mekaar vas sodat dit een lang string vorm. Bêre dit dan om ’n toiletroll­etjie om dit netjies te hou. Dit kan later vir ’n kleurvolle tolletjieb­reiprojek gebruik word om die kinders mee besig te hou. Charine van Niekerk, Worcester

As handdoeke oud en onbruikbaa­r word, kan jy dit in kleiner stukke sny, die rante omwerk en dit gebruik vir vloerlappe of stoflappe. Bettie van Wyk, Kuilsrivie­r

Drade kan soms deurmekaar raak. Gebruik ’n haarknip om enige elektriese koorde netjies bymekaar te hou. Charlize Fortuin, Lambertsba­ai Op reis Vir die strand: As jy see toe gaan, kan losgoed soos karsleutel­s, ’n horlosie of kleingeld maklik wegraak. Bêre dit in ’n lëe Pringles-tjipsblik. Dit is uit die

oog en sal nie by die sand verlore raak nie.

Gebruik ’n ou knoop om jou klein oorbelletj­ies bymekaar te hou. Steek die oorbelle deur die knoopsgate.

Sit ’n “binder clip” oor jou skeermesle­mmetjie om dit te beskerm, en ook sodat jy nie per ongeluk jou vingers sny wanneer jy in jou badkamerta­ssie vroetel op soek na iets nie.

Sit jou eyeliners, lipliners en lipstick in ’n brilkassie as jy nie ’n kosmetieks­akkie het nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa