Kuier Combo

ROERBRAAI

Daar is nie ’n makliker manier om ’n eenpotgere­g te maak as met ’n roerbraai nie. Hou dit eenvoudig of eksperimen­teer met seekos of gee dit ’n Oosterse geur.

- Deur Samantha Liedeman

PRAWN & PYNAPPEL Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E

800 g prawns (garnale), dop en kop verwyder 1 koppie pynappelst­ukke 1 rooi uie, in ringetjies gesny 1 rooi soetrissie in repies gesny 1 rooi of groen brandrissi­e in ringetjies gesny 1 eetlepel gemmer in dun repies gesny 2 eetlepels sonneblomo­lie 1eetlepel sojasous ¼ koppie van die pynappel se sous ½ teelepel Maizena 1 eetlepel sesamsade Gestoomde jasmynrys

METODE

Meng die sojasous, pynappelsa­p met Maizena en hou eenkant. Roerbraai die uie, soetrissie en brandrissi­e in olie tot gaar, maar nie pap nie. Voeg die prawns en gemmer by en roerbraai tot die prawns gaar is. Voeg nou die sousie (pynappelsa­p en soja) en pynappelst­ukke by. Kook tot effens verdik. Sprinkel met sesamsade en bedien op jasmynrys.

 ??  ?? WENK: Onthou om jou groente en vleis lekker dun te sny, wat die kookslag verminder. Jou groente moet effens krakerig wees.
WENK: Onthou om jou groente en vleis lekker dun te sny, wat die kookslag verminder. Jou groente moet effens krakerig wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa