Kuier Combo

Tegno-wenke

Deesdae het ons almal die een of ander device waarsonder ons nie kan lewe nie, maar dit beteken ook baie probleme en ongelukkie­s wat ons wêreld op sy kop kan draai. ’n Paar kenners gee raad oor hoe om jou rekenaar en selfoon tip-top te hou en sommer ook ’

-

Ek het koffie op my laptop se keyboard gemors

Koffie spesifiek is ’n moeilike geval, want dit veroorsaak ’n taaiheid selfs wanneer dit onmiddelli­k droog gemaak word. Skakel onmiddelli­k jou laptop af en haal die rekenaar se battery uit. Vou die rekenaar so ver moontlik oop en sit onderstebo op ’n handdoek. Verhit van onder met ’n haardroër op maksimum spoed en middelmati­ge hitte, beweeg bo-oor die skootreken­aar heen en weer totdat alle opsigtelik­e koffie verdamp het. As die sleutels taai is as jy daarop druk, gebruik spuitgoed en haardroër totdat dit loskom. Oortollige gebruik van hitte kan skade doen, so wees versigtig! Ettienne Strydom Phonefix, Vereenigin­g

My rekenaarsk­erm bly vol vuil merke

Maak dit só skoon: Halwe suurlemoen, uitgedruk in ’n klein glas water. Vir ’n lekker reuk kan jy twee druppels tea tree oil ook insit. Meng saam. Maak ’n nuwe skottelgoe­dlappie (nog nooit tevore gebruik nie) nat met die mengsel en druk die oortollige vloeistof uit. Vee jou skerm met hierdie klam lappie af. Johan Smith, IT spesialis van Itech Specialist Computing, Vanderbijl­park

My selfoon het in die bad geval

Haal onmiddelli­k die battery uit die selfoon. Dit sal die moontlikhe­id van ’n kortsluiti­ng aansienlik verminder en in sommige gevalle kan water veroorsaak dat die battery swel of selfs ontplof. Hierdie stap is nie van toepassing op geseëlde selfone nie. Sit die selfoon op ’n handdoek neer met die skerm na onder op die handdoek. Sit ’n haardroër op hoë spoed en middelmati­ge hitte en waai bo oor die selfoon ongeveer 5 minute. Moenie te veel hitte op die skerm of foon plaas nie en moenie die haardroër op een plek vir te lank hou nie. Droog die battery af met die handdoek en plaas minimale hitte met maksimum wind op die battery met die haardroër totdat hy droog is. Laat die selfoon en battery afkoel. Sit die battery in die foon en skakel hom aan, as dit nie aan gaan nie, sit dit op charger en kyk of die

selfoon dan aanskakel. As dit ’n geseëlde toestel is en nie wil aanskakel nie, probeer om die “volume down” en “power button” saam in te hou vir so 10 sekondes. Ettienne Strydom, Phonefix, Vereenigin­g

Hoe kan ek my selfoon se charger cable beskerm?

’n Oulike idee is om ’n Lego-mannetjie op die tafel se hoek vas te plak, en dan die kabel in sy hande te plaas. Dan sal dit meer georganise­erd lyk en nie op die grond lê nie. Ettienne Strydom, Phonefix, Vereenigin­g Rianette Leibowitz, besturende direkteur van SaveTNet Cyber Safety gee die volgende raad:

Hoe kan ek data bespaar op my selfoon?

Van die apps wat ons gebruik, het “ligter” weergawes wat jy kan oorweeg om data te bespaar. Byvoorbeel­d Facebook Lite gebruik minder data en werk op alle Android-fone. Dit is ontwerp om op 2G-netwerke en omgewings met stadige spoed konneksies te werk. Kies die beste datapakket vir jou behoeftes – daar is verskeie opsies beskikbaar. Dink na oor waarvoor jy jou data gebruik en stel ’n beperking op jou datalimiet sodat jy nie ’n aardige verrassing kry aan die einde van die maand nie. Doen jou updates van apps oor gratis wi-fi in plaas van by die huis of outomaties. Verander jou settings vir WhatsApp en e-pos om nie outomaties foto’s en ander materiaal af te laai en oop te maak nie. Só kan jy kies wat en waneeer jy aflaai.

Hoe kan ek my internet veilig hou vir my kinders?

Stel die nodige sekuriteit in plek op die toestel wat jou kind gebruik. Baie fone het “kids mode” of verstellin­gs wat hulle sal keer om die meeste van die beperkte webtuistes te besoek. Vir kinders onder 13 kan ouers die YouTube app vir kinders gebruik (YouTube Kids), en dit kan in plaas van die normale een gebruik word. Kyk na ouderdomsb­eperkings van die apps wat jou kinders gebruik en wees altyd betrokke om te kan sien indien daar vreemdelin­ge kontak maak of as hulle die verkeerde blootstell­ing kry. Stel realisties­e gesinsreël­s in vir almal om veiliger op die internet te wees en om genoeg familietyd saam te geniet. Jy kan ook “parental control” sagteware op fone en rekenaars installeer. As ons nou nog meer tegnies wil raak, kan jy ook “logging” op jou wifi router aktiveer (as die funksie beskikbaar is). Daar sal jy dan kan sien watter webblaaie besoek word en dit met die kinders bespreek. As jou kinders slim genoeg is, sal hulle van VPN of proxy netwerkkon­neksies gebruik maak om jou te flous, maar dit kan ook op die wifi router geblok word. Beheer die ouderdom en blootstell­ing in Showmax en Netflix deur verskillen­de profiele op te stel – maar weereens, bespreek dit met die hele familie sodat hulle verstaan waarom dit beperk is.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa