Kuier Combo

NOG TIPS

-

Hou ’n skoenboks op die koffietafe­l of ’n plek in jou TV-kamer wat jy maklik kan bykom as jy op gunsteling-stoel sit en TV kyk. Sit al jou remotes daarin om seker te maak jy soek dit nie altyd nie. Cheryl Bertus, Mosselbaai

Gebruik ’n binder clip om jou chargers se drade mooi netjies te hou wanneer jy dit bêre. Dan koek dit nie. Charene Prinsloo, Klerksdorp

Rekenaardr­ade of ander drade wat moeilik is om netjies en bymekaar te hou, kan met ’n pool noodle netjies gehou word. Sny ’n stuk pool noodle tot in die helfte (moenie heeltemal deursny nie) en sit dit om die drade wat pla. Martie Swanepoel, Parys

Dra jou laptop in ’n rugsak rond, eerder as in ’n laptopsak wat jy in jou hand dra. Dit is minder opvallend op straat. Johan Smith, IT spesialis van Itech Specialist Computing, Vanderbijl­park Spaar ink in printer cartridges: Moenie naby heaters of warm masjinerie stoor nie (dit verdamp). Kies die regte setting vir die papier wat jy gebruik en stel al die printing settings na “draft”.

Gebruik minder printing-papier deur die default margings op jou Word-program oral op 1.9 cm te stel. Jy sal 5% minder papier gebruik as gewoonlik.

As jy musiek deur jou foon wil luister, maar dit is nie hard genoeg nie, kan jy dit in ’n diep bord plaas. Die musiek sal dan harder klink.

Maak jou rekenaar se keyboard skoon deur ’n sticky note deur die gleufies tussen die sleutels te trek. Die stof sal aan die taai kant van die sticky note vassit.

Maak jou rekenaar, e-pos of Facebook password top secret deur ’n spesiale karakter soos õ, ñ, of ĕ daarin te gebruik. (Bv. Alexăndĕr2­017). Dit maak die password baie moeiliker om uit te figure.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa