Kuier Combo

Vir kinders

-

Kinders wat bed natmaak

Hou jou kind deur die dag goed gehidreer. Om net voor bedtyd te drink, is ’n resep vir disaster. Daarom moet soveel vloeistof deur die dag ingeneem word, maar twee ure voor bedtyd geen vloeistof nie. Vermy vloeistoww­e wat kaffeïen en suiker bevat. Kaffeïen en suiker is bekende blaas irritante. Moedig toilettyd voor slaaptyd aan. Twee keer: 30 minute voor bedtyd en weer reg voor slaaptyd. Hardlywigh­eid lei tot bed natmaak. Maak seker dat jou kind wel goeie stoelgang het. As sy hardlywig is, kan jy seker maak sy kry genoeg ru-voedsel in soos rou groente en vrugte, drink genoeg water en kry oefening.

Slaaploosh­eid

Laventelol­ie het ’n kalmerende effek. Sprinkel ’n paar druppels op die kussing voor slaaptyd. Jy kan ook ’n room spritzer maak deur ’n paar oliedruppe­ls met water te meng en in ’n spuitbotte­ltjie te meng. Spuit ’n paar keer in die slaapkamer voor slaaptyd. Eet ’n piesang voor slaaptyd. Piesangs bevat magnesium en potassium wat natuurlik jou spiere laat ontspan, asook komplekse koolhidrat­e wat jou help om seratonien en melatonien te vervaardig. Melatonien is die hormoon wat jou help om aan die slaap te raak.

Download ’n white noise app. Speel die witgeraas voor en tydens slaaptyd. Dit is bewys om babas rustig te maak en te help slaap.

Kinders en geld

Hou al die doubles van jou Checkers mini’s sodat die kleingoed winkel-winkel daarmee kan speel. Só kan jy hulle speelspeel leer hoe om met geld te werk. “Betaal” en ontvang “kleingeld”.

Badtyd

Vul die gaatjies onderin jou kinders se badspeelgo­ed met ’n glue gun en gom. Dit keer dat die speelgoed nie vol water word en later muf nie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa