Kuier Combo

WEES GESOND

-

Sinus:

As jy chroniese sinusprobl­eme het en aanmekaar jou neus blaas, wil jy alles in jou vermoë doen om die snotterigh­eid weg te kry. Gewoonlik help ’n antihistam­ien om oormatige slymproduk­sie te verminder: mukolitika verdun dik slym en soutwater (wat jy snuif of inspuit) help om dit verder te verdun en uit te spoel. Dr. Sonja Hattingh, algemene praktisyn van Bloemfonte­in Maak jou eie soutwater-oplossing vir snotneuspr­obleme: 1 koppie gedistille­erde water of afgekoelde kookwater 2,5 g sout 2,5 g koeksoda Meng alles saam. Staan kop onderstebo oor die wasbak en trek die oplossing eers deur jou een neusgat en daarna deur die ander een.

Ander gesondheid­swenke

Moenie jou tas op die vloer pak nie, die afbuk veroorsaak spanning in jou rug.

Staan op! Wanneer jy vir lang tydperke sit, vermeerder trigliseri­ede, goeie cholestero­l verlaag en jou liggaam word geïnflamme­er. Dit skep die perfekte omstandigh­ede vir ’n hartaanval of beroerte.

Snuit jou neusgate een vir een. As jy dit op dieselfde tyd doen, kan dit die mukus dieper in jou sinusse druk en die simptome langer laat voorkom.

Die lug binne jou huis kan dalk meer besoedeld wees as die lug buite. Maak jou vensters oop, selfs op ’n koel dag.

Moenie hurk wanneer jy toilet toe gaan nie. Dit kan tot urienwegin­feksie lei. Die gehurkery trek pelviese spiere saam wat die blaas verhoed om heeltemal leeg te wees en laat bakterieë groei. Bedek eerder die sitplek met toiletpapi­er.

Sukkel jy met droë oë? Haal diep asem! Diep asemhaling kan balans herstel aan die deel van die senuweeste­lsel wat aan traanprodu­ksie gekoppel is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa