Kuier Combo

SPICY HOENDERWRA­P MET KOMKOMMER

-

Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E

Vir die marinade 1 knoffeltoo­ntjie, gekneus en fyngekap 1 rooi brandrissi­e, rofweg gekap 3 eetlepels suurlemoen­sap ½ koppie olie 2 eetlepels witasyn 1 eetlepel vars gekapte origanum 1 teelepel paprika 4 hoenderbor­sies, met vel en been aan Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak Vir die komkommers­laai 3 eetlepels asyn 2 teelepels suiker Sout en varsgemaal­de swartpeper 1 Engelse komkommer, grofweg met skil en al gerasper 1 groen soetrissie, wit gedeeltes en pitjies verwyder en in repies gesny 1 eetlepel vars, gekapte origanum Vir die samestelli­ng 4 wraps Blare van jou keuse

METODE

Plaas al die bestanddel­e vir die marinade in die voedselver­werker en pulseer. Plaas die hoenderbor­sies in ’n glasbak en giet die marinade oor. Rol die hoenderbor­sies in die marinade sodat dit alkant daarmee bedek is. Plaas in die yskas en laat oornag marineer. Haal die hoenderbor­sies uit die marinade, geur met sout en peper en plaas dit op die draadrak van die oondrooste­rpan. Bak vir 30 minute in ’n voorverhit­te oond van 200ºC of totdat die sappe helder uitloop wanneer jy ’n skerp mes by die dikste gedeelte insteek. Haal uit die oond en laat staan om af te koel. Sny die vleis weg van die been af in skywe maar behou die velletjie vir ekstra geur. Maak die slaai: Meng die suiker en asyn en geur met sout en peper. Meng die res van die slaaibesta­nddele in ’n bak en giet die asynmengse­l oor. Pak ’n hopie blare in die middel van elke wrap, skep ’n bietjie slaai bo-op en rangskik hoendersky­fies bo-op. Rol dit op, sny in die helfte deur (indien jy verkies) en bedien.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa