Kuier Combo

STEAK-EN-UIE-WRAP MET MIELIESALS­A

-

Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E

Vir die salsa 1 x 400 g blik mieliepitt­e, goed afgespoel en gedreineer 2 – 3 stingeluie (spring onions), fyngekap 5 peppadews, in repies gesny 1 eetlepel vars, gekapte koljanderb­lare 1 eetlepel suurlemoen­sap Gerasperde skil van 1 suurlemoen 3 eetlepels volroomjog­urt 3 eetlepels mayonnaise Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak Vir die uie 2 eetlepels olie 1 eetlepel botter 2 rooi uie (of gewone uie), in skywe gesny 1 teelepel Karibiese speserymen­gsel (resep hieronder) Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak Vir die steak 140 g kruisskyf (rump) of enige ander steaksnit van jou keuse 1 eetlepel Karibiese speserymen­gsel (resep hieronder) Olie Vir die samestelli­ng 4 wraps Blare van jou keuse

METODE

Meng al die bestanddel­e vir die salsa in ’n glasbak, bedek met kleefplast­iek en laat in die yskas totdat jy die res van die bestanddel­e vir die wrap voorberei het. Verhit die botter en olie vir die uie in ’n pan oor matige tot warm hitte. Braai die uie daarin tot sag en deurskynen­d. Sprinkel die speserymen­gsel bo-oor, meng goed en braai nog ’n paar minute. Geur met sout en peper. Sprinkel die speserymen­gsel oor die steak en vryf liggies in sodat dit alkant bedek is. Laat staan vir 15 minute. Verhit ’n riffelpan oor hoë hitte. Gebruik ’n kwas en verf ’n bietjie olie oor die steak. Braai vir 1 minuut aan die een kant, draai om en braai 1 minuut aan die ander kant. Haal van die hitte af. Bedek die pan met ’n stuk foelie en laat staan vir 10 minute. Plaas ’n hopie blare in die middel van elke wrap en verdeel die uie tussen die wraps en skep bo-op die blare. Sny die steak met ’n skerp mes in repies en rangskik bo-op. Skep ’n bietjie salsa bo-op, rol toe en bedien. Sit ’n bakkie met die res van die salsa op die tafel sodat dié wat nog wil hê, kan skep.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa