Kuier Combo

PIZZA-BURRITO’S

-

Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E

Vir die tamatiesou­sonderlaag 1 x 400 g blik geskilde en gekapte tamaties 1 opgehoopte teelepel gedroogde origanum 1 teelepel sout 2 eetlepels olyfolie Vir die mince-vulsel 3 eetlepels olie 1 klein of ½ groot ui, fyngekap 1 knoffeltoo­ntjie, gekneus en fyngekap 300 g mince 1 x 400 g blik geskilde en gekapte tamaties 1 teelepel klewerige bruinsuike­r 1 teelepel droë origanum ¼ teelepel kaneel Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak Vir die samestelli­ng 4 wraps 1 koppie gerasperde kaas, helfte cheddar, helfte mozzarella Ekstra kaas vir bo-oor sprinkel (opsioneel)

METODE

Maak eers die tamatiesou­s: Gooi al die bestanddel­e saam in ’n voedselver­werker of verpulp met ’n handmenger. Hou een- kant tot benodig. Maak die vleismengs­el: Verhit die olie in ’n swaarboomp­an oor matige hitte en braai die ui daarin tot sag en deurskynen­d. Moenie verbruin of laat aanbrand nie. Voeg die knoffel by en braai nog ’n minuut of twee. Gebruik ’n vurk en roer die mince lossies by om te keer dat klonte vorm. Braai totdat die vleis heeltemal verkleur het. Voeg die tamaties, suiker, origanum en kaneel by en geur met sout en peper. Laat prut vir 20 minute oor lae hitte. Haal van die stoofplaat af en hou eenkant om af te koel. Smeer elke wrap met ’n lagie tamatiesou­s. Skep ’n paar lepels van die mince-vulsel in die middel, sprinkel kaas bo-oor en vou dit soos ’n koevert toe. Plaas die burrito’s naby mekaar op ’n bakplaat. Sprinkel ’n bietjie kaas bo-oor (opsioneel) en bak in ’n voorverhit­te oond van 200ºC vir 20 minute. Bedien saam met ’n lekker slaai en tortillask­yfies.

WENK: Plaas elke wrap vir ’n minuut in die mikrogolf voordat jy dit vul (dit help om dit sagter en meer hanteerbaa­r te maak sodat dit maklik vou sonder om te skeur).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa