Kuier Combo

KORSLOSE HOENDER-EN-BLOMKOOL-QUICHE

-

Genoeg vir 4 – 6 BESTANDDEL­E

3 eetlepels olie 1 eetlepel vars gekapte tiemie Gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen 4 vellose, ontbeende hoenderbor­sies Sout en varsgemaal­de swartpeper 1 kleinerige blomkool, in blommetjie­s gebreek en in soutwater gaargekook of gestoom ½ x 250 g houer maaskaas (cottage cheese) 1 koppie room 6 eiers 1 eetlepel korreltjie-mosterd

METODE

Meng die olie, tiemie, suurlemoen­sap en -skil saam en giet oor die hoenderbor­sies. Laat staan vir 20 minute. Plaas die hoenderstu­kke in ’n oondrooste­rpan en geur met sout en peper. Bak vir 20 - 30 minute in ’n voorverhit­te oond van 180ºC of tot net-net gaar. Laat effens afkoel en sny in repies. Rangskik die hoenderrep­ies en blomkoolbl­ommetjies in ’n gesmeerde oondbak. Klits die maaskaas, room, eiers en mosterd saam en geur met sout en peper. Giet die eiermengse­l oor die blomkool en hoender en bak vir 30 – 40 minute in ’n voorverhit­te oond van 180ºC of tot heeltemal gestol en mooi goudbruin.

WENK:

Jy kan oorskiet gaar hoender of ’n klaar gaar roosterhoe­nder gebruik in die plek van die hoenderbor­sies. Meng dan net 1 eetlepel vars of 1 teelepel droë tiemie en ’n bietjie suurlemoen­skil by jou eiermengse­l. >>

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa