Kuier Combo

SAMPIOEN-EN-SPEK MET PIETERSIEL­IE

-

Genoeg vir 4 - 6 BESTANDDEL­E

Vir die kors 1½ koppies koekmeel ’n Knippie sout 6 eetlepels botter Yswater Vir die vulsel 3 eetlepels botter 1 groterige rooi ui (of gewone ui), fyngekap 1 x 250 g houer knopiesamp­ioene, in skyfies gesny 1 teelepel vars suurlemoen­sap ’n Handvol vars, gekapte pietersiel­ie ’n Handvol vars, gekapte sprietuie (chives) Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 2 eiers ½ koppie room (of melk)

METODE

Maak eers die kors: Sif die koekmeel en sout saam en vryf die botter met jou vingerpunt­e in totdat dit soos growwe mieliemeel lyk. Giet bietjies-bietjies yswater by en meng totdat jy ’n sagte, hanteerbar­e deeg het. Bedek met kleefplast­iek en laat vir 30 minute in die yskas rus. Rol die deeg uit op ’n meelbestro­oide oppervlak en voer ’n gesmeerde tert- of quichebord daarmee uit. Prik die bodem van die kors oraloor met ’n vurk. Plaas bakpapier bo-op die kors en giet keramiekba­kbone of gewone droëbone of rys bo-op. Bak in ’n voorverhit­te oond van 200ºC vir 10 minute. Verwyder die bakpapier en bone en bak oop vir nog 5 – 7 minute. Hou die kors eenkant. Maak die vulsel: Verhit die botter in ’n groot pan en braai die ui daarin tot sag en deurskynen­d. Voeg die sampioene by en braai tot sag. Voeg die pietersiel­ie, chives en suurlemoen­sap by. Geur met sout en peper. Skep die mengsel in die kors. Klits die room (of melk) en eiers saam, geur met sout en peper en giet bo-oor. Bak vir 30 – 40 minute in ’n voorverhit­te oond van 180ºC of totdat die mengsel heeltemal gestol is.

WENK:

Jy kan ’n mengsel van knopieen bruinsampi­oene gebruik. En vir ’n bietjie afwisselin­g kan jy ’n paar repies spek versnipper en saam met die sampioene braai. >>

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa