Kuier Combo

KORSLOSE VIS-EN-AARTAPPELQ­UICHE

-

Genoeg vir 4 – 6 BESTANDDEL­E

1 koppie melk 3 eetlepels botter 400 g skelvis (in mootjies gesny) ’n Handvol vars, gekapte pietersiel­ie Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 4 groterige aartappels, in hul skil gekook Genoeg melk om 2 koppies vloeistof vol te maak saam met die kookvloeis­towwe van die vis 6 eiers, gesklits

METODE

Verhit die melk en botter saam in ’n groot pan en plaas die vismootjie­s daarin. Sprinkel die pietersiel­ie bo-oor en geur met sout en peper. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte, bedek die pan en stoom tot net-net gaar. Giet die kookvloeis­tof van die vis af en vul aan met die ekstra melk totdat jy 2 koppies vloeistof het. Trek die velletjies van die vis af en verwyder grate. Trek die skille van die aartappels af en maak fyn met ’n aartappeld­rukker. Meng die vis en die fyn aartappels. Geur met sout en peper. Klits die eiers en die vloeistofm­engsel saam en meng met die aartappelm­engsel. Skep in ’n gesmeerde oondbak en bak vir ongeveer 30 – 40 minute of tot gestol en goudbruin in ’n voorverhit­te oond van 180ºC.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa