Kuier Combo

SPINASIE-EN-SPEK MET DRIE KASE

-

Genoeg vir 4 – 6 BESTANDDEL­E

Vir die kors 1½ koppies koekmeel ’n Knippie sout 6 eetlepels botter Yswater Vir die vulsel 3 eetlepels olie 6 – 8 repies swoerdlose strepiespe­k, in stukkies gesny 1 klein ui, fyngekap 1 knoffeltoo­ntjie, gekneus en fyngekap ½ van elk groen, geel en rooi soetrissie­s, wit gedeeltes en pitte verwyder en in repe gesny 1 bos spinasie (of 1 x 300 g pak), harde wit gedeeltes verwyder en in repies gesny ¼ koppie gerasperde cheddarkaa­s ¼ koppie gerasperde mozzarella­kaas ½ x 250 g houer roomkaas 1 koppie melk of room 4 eiers Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

METODE

Maak eers die kors: Sif die koekmeel en sout saam en vryf die botter met jou vingerpunt­e in totdat dit soos growwe mieliemeel lyk. Giet bietjies-bietjies yswater by en meng totdat jy ’n sagte, hanteerbar­e deeg het. Bedek met kleefplast­iek en laat vir 30 minute in die yskas rus. Rol die deeg uit op ’n meelbestro­oide oppervlak en voer ’n gesmeerde tert- of quichebord daarmee uit. Prik die bodem van die kors oraloor met ’n vurk. Plaas bakpapier bo-op die kors en giet keramiekba­kbone of gewone droëbone of rys bo-op. Bak in ‘n voorverhit­te oond van 200oC vir 10 minute. Verwyder die bakpapier en bone en bak oop vir nog 5 – 7 minute. Hou die kors eenkant. Maak die vulsel: Verhit die olie in ’n groot pan oor matige hitte en braai die spek en uie daarin totdat die uie sag en deurskynen­d is. Voeg die knoffel by en braai vir nog ’n minuut of twee. Voeg die soetrissie en spinasie by en braai totdat die spinasie ’n bietjie afgekook het en begin sag word. Meng die cheddar en mozzarella met die groentemen­gsel en skep in die kors. Klits die roomkaas, melk (of room) en eiers saam. Geur met sout en peper en giet oor die groentemen­gsel in die kors. Bak vir 30 – 40 minute in ’n voorverhit­te oond van 180oC of tot heeltemal gestol.

WENK: Moenie die wit gedeeltes van die spinasie weggooi nie – dit gee die wonderliks­te geur aan soppe en bredies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa