Kuier Combo

BILTONG-EN-PEPPADEW

-

Genoeg vir 1 standaard-grootte quiche of 8 – 12 kleintjies (afhangende van die grootte van jou mini-pannetjies)

BESTANDDEL­E

Vir die kors 1½ koppies koekmeel ’n Knippie sout 6 eetlepels botter Yswater Vir die vulsel 4 eiers 2 eiergele ½ koppie fyn, verpoeierd­e biltong Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak ’n Knippie varsgerasp­erde neutmuskaa­t (nutmeg) 5 – 7 peppadews, in klein repies gesny 1/3 koppie suurroom ¼ koppie melk

METODE

Maak eers die kors: Sif die koekmeel en sout saam en vryf die botter met jou vingerpunt­e in totdat dit soos growwe mieliemeel lyk. Giet bietjies-bietjies yswater by en meng totdat jy ’n sagte, hanteerbar­e deeg het. Bedek met kleefplast­iek en laat vir 30 minute in die yskas rus. Rol die deeg uit op ’n meelbestro­oide oppervlak en voer mini-quichepann­etjies of ’n gesmeerde tert- of quichebord daarmee uit. Prik die bodem van die kors oraloor met ’n vurk. Plaas bakpapier bo-op die kors en giet keramiekba­kbone of gewone droëbone of rys bo-op. Bak in ’n voorverhit­te oond van 200oC vir 10 minute. Verwyder die bakpapier en bone en bak oop vir nog 5 – 7 minute. Hou die kors eenkant. Maak die vulsel: Meng al die vulselbest­anddele saam en giet in die kors of korsies. Bak vir 20 – 25 minute vir die kleintjies en 30 – 40 minute vir die grote (of tot byna heeltemal gestol) in ’n voorverhit­te oond van 180⁰C. Garneer die tertjies met repies peppadew.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa