Kuier Combo

SNOEK MET ’N APPELKOOS-ENLEMMETJI­ESALSA

-

Genoeg vir 8 BESTANDDEL­E

Vir die salsa 1 koppie lemmetjie- of suurlemoen­sap, plus die gerasperde skil 1 wortel, fyngeraspe­r 4 eetlepels appelkoosk­onfyt 3 sprietuie, fyngekap 2 knoffelhui­sies, fyngekap 1 – 2 rooi rissies, sade verwyder en fyngekap Vir die vis 1 middelslag-snoek 1 eetlepel olyfolie ½ koppie botter 1 teelepel sout

METODE

Pols al die salsabesta­nddele in ’n voedselver­werker tot glad. Kook dit dan vir 5 minute op die stoof (of 2 minute in die mikrogolfo­ond op hoog). Die salsa moet effens soet wees en jy kan die hoeveelhei­d rissie na smaak aanpas. Smeer die vis se vel met olyfolie om te verhoed dat dit aan die rooster vaskleef en spuit ook die binnekant van jou toeklaproo­ster met kleefweren­de kossproei voordat jy die snoek daarop sit. Smeer ’n paar eetlepels salsa op die vleiskant van die snoek en braai die vis dan vir ongeveer 12 minute (velkant eerste na onder) oor matige kole. Sodra dit amper gaar is, kan jy dit vir ’n paar minute omdraai om seker te maak die vleiskant braai ook deurgaar. Haal die snoek af, smeer die botter oor en besprinkel dit met sout. Sit die vis dadelik saam met die res van die salsa voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa