Kuier Combo

HOENDERROU­LADE

-

Genoeg vir 4 – 6 BESTANDDEL­E

Vir die hoender 1 heel hoender, ontbeen 2 eetlepels olyfolie 1 teelepel paprika 2 knoffelhui­sies, fyngekap 1 eetlepel droë origanum (of 2 eetlepels vars) ¼ teelepel rooipeper Sout na smaak Gemaalde swartpeper na smaak Vir die vulsel 10 repies rugspek 1 rooi ui, fyngekap 1 knoffelhui­sie, fyngekap 250 g portobello-sampioene, gekap 1 soetrissie, gekap ½ brandrissi­e, fyngekap Seesout na smaak Gemaalde swartpeper na smaak 250 g baba-spinasie ½ koppie (125 g) bloukaas ½ koppie (125 g) Deense fetakaas 1 koppie amandels of pekanneute, gerooster en gekap Olyfolie

METODE

Vou die ontbeende hoender oop, vlek dit verder sodat die vleis oral min of meer dieselfde dikte is. Bedek met kleefplast­iek en gebruik ’n koekroller om die vleis platter te rol sodat dit oraloor ewe plat is. Jy kan ook die kant van ’n piering of ’n vleishamer gebruik – pasop net dat jy nie die vleis in stukke kap nie; dit moet so heel moontlik bly om die vulsel binne te hou. Verwyder die plastiek en vryf nou die vleis in met die olie én speserye in. Vir die vulsel: Braai die spek tot gaar maar nie te bros nie en hou dit eenkant. Soteer die uie en knoffel in die spek se vet vir 3 minute, en voeg dan die sampioene, soetrissie, brandrissi­e, sout en peper daarby en roerbraai vir 5 minute. Verwyder van die hitte sodra die sampioene gaar is, en hou dit eenkant. Plaas die hoender plat op ’n houtbord en pak die spek en spinasie daarop. Skep die sampioenme­ngsel eweredig daaroor en sprinkel die kaas en neute bo-oor. Rol die hoenderrol op in die lengte en bind dit elke 4 cm met kombuistou vas. Smeer die rol aan die buitekant met ekstra olyfolie. Kry warm kole reg in ’n ketelbraai en braai die hoenderrol vir 15 minute – maak seker dat jy dit gereeld draai sodat dit reg rondom goudbruin braai. Verwyder die rol en hou dit eenkant. Krap die kole na die kant van die rooster en braai die hoenderrol baie stadig aan die koel kant van die rooster vir 20 minute tot gaar regdeur. Laat die hoenderrol op ’n houtbord onder ’n vel foelie vir 10 minute rus voordat jy dit sny.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa